Akademie is ’n prioriteit op Oakdale. Vanweë die aard van die vakke in Natuurwetenskap, Wiskunde en Landbou moet leerders akademies sterk asook positief ingesteld wees.
Fasiliteite
- Oakdale beskik oor uiters goed opgeleide, entoesiastiese onderrigpersoneel wat kundiges is op hul onderskeie vakgebiede.
- Leerders kan staat maak op klein klasgroepe en individuele aandag.
- Op Oakdale is jy nie ’n nommer nie, maar ’n leerder met potensiaal en unieke omstandighede soos deur personeel in ag geneem.
- Moderne onderrigfasiliteite en hulpbronne dra by tot die gebruik van die rekenaar, dataprojektors en elektroniese witborde in ongeveer alle onderriglokale.
- Twee moderne toegeruste rekenaarlokale dra daartoe by dat leerders tuis is met die rekenaar en ook gebruik daarvan in die voltooiing van take en opdragte (onder toesig).