Text Size

AKADEMIESE TOEKENNINGS

DUX - LEERLING
Die toekenning word gemaak aan enige leerling van die skool wat die hoogste gemiddelde persentasie behaal in die Junie- en Septembereksamen van sy gr. 11-jaar met 'n minimum van 75%. Leerlinge moet uit die matrukulasievrystellinggroep kom. Vir gr. 10, 11 en 12 sal die beste 6 vakke in berekening gebring word.

EREKLEURE
Leerlinge wat van gr. 8 tot gr. 12 in die Nov./Des.-eksamen 'n gemiddelde persentasie van 80% of meer gehandhaaf het.
Leerling wat onder die eerste 10 geplaas word in die senior sertifikaat - eksamen van die Wes - Kaap. 'n Meestersgraad en 'n doktorsgraad aan 'n erkende universiteit verwerf het.

VOLKLEURE
Graad 8 & 9:
Gemiddelde van 90% (1800) en meer in 2 van 3 eksamens tydens dieselfde akademiese jaar behaal.
Graad 10 & 11:
Gemiddelde van 80% (1680 MV-kursus, 1520 Nie-MV-kursus) en meer in 2 van 3 eksamens tydens dieselfde akademiese jaar behaal.
Graad 12:
Gemiddelde van 75% (1575 MV-kursus, 1425 Nie-MV-kursus) en meer in 2 van 3 eksamens tydens dieselfde akademiese jaar behaal.

HALFKLEURE
Graad 8 & 9:
Gemiddelde van 80% - 89% (1600) en meer in 2 van 3 eksamens tydens dieselfde akademiese jaar behaal.
Graad 10 & 11:
Gemiddelde van 75% (1575 MV-kursus, 1425-Nie-MV-kursus) en meer in 2 van 3 eksamens tydens dieselfde akademiese jaar behaal.
Graad 12:
Gemiddelde van 70% (1470 MV-kursus, 1330 Nie-MV-kursus) en meer in 2 van 3 eksamens tydens dieselfde akademiese jaar behaal.