Gr. 8 - 9 (AOO)
Taalgeletterdheid (Afrikaans & Engels)
Sosiale Wetenskap
Wiskunde
Kuns & Kultuur
Tegnologie
Lewensoriëntering
Ekonomiese- en Bestuurswetenskap
Natuurwetenskap
Landbouwetenskap as komponent van NW
Gr. 10 - 12 (VVO)
Groep A (al 4 vakke is verpligtend)
Afrikaans (Huistaal)
Engels (eerste addisionele taal)
Wiskunde OF Wiskundige Geletterdheid
Lewensoriëntering
Groep B
Drie vakke uit die groep kan aangebied word waarvan een landbouvak verpligtend is en ’n maksimum van twee landbouvakke aangebied mag word.
Fisiese Wetenskap (Natuur & Skeikunde) OF Ekonomie
Landbouwetenskap OF Landboutegnologie
Lewenswetenskap (Biologie) OF Rekeningkunde OF Landboubestuurspraktyk
Addisionele vakke (As agste vak)
Rekenaartoepassingstegnologie OF Toerisme OF Ingenieursgrafika & Ontwerp OF Lewenswetenskap (Biologie)
Dit is duidelik dat differensiasie tussen vakke op HG en SG verdwyn het.
Afrikaans - soos in verlede
Engels - soos in verlede
Wiskunde
Ontwikkel kennis
Probleemoplossing met wiskundige instrumente
Leerders moet abstrak kan dink
Wiskunde 3 vanaf gr.11
Wiskundige Geletterdheid
Maak leerder vertroud met Wiskunde vir jou daaglikse lewe
Bv. %, selfoonkontrakte en kostes, oppervlaktes & volumes, kosteberekeninge en rente
Gebruiks-wiskunde
Rekeningkunde
Finansiëlerekeningkunde & Bestuursrekeningkunde
Opstel van begrotings, salarisse en loonjoernale
Finansiële state van vennootskappe en klubondernemings
Pastelkursus in graad 11
Finansiële state van eenmansaak
Finansiële state van maatskappye
Fisiese Wetenskap (Natuur- & Skeikunde)
FISIKA & CHEMIE (50% elk)
Wiskunde ‘n vereiste
Elektronika
Klem op navorsing en wetenskaplike verslae
Uitvoer van praktiese eksperimente
Lewenswetenskap (Biologie) - soos voorheen
Lewensoriëntering
Die aanleer van ‘n gebalanseerde leefstyl
Bestuur jou lewe verantwoordelik
Besluitneming met betrekking tot beroepskeuses
Ekonomie
“om huis te hou”
Makro ekonomie-deelnemers
Vloei van die ekonomie
Sakesiklus
Produksiemoontlikhede – openbare sektor
Geld en bankwese
Werkloosheid, arbeidsmag, regstellende aksie
Landbouwetenskap
Wetenskap van die landbou
Volhoubare landbouprodukte
Optimalisering van landbou-hulpbronne
Primêre en sekondêre landbou-industrieë
Landboutegnologie
Kennis en gebruik van toerusting en masjienerie
Grafiese kommunikasie/ Rekenaartegnologie met opmetingtoerusting
Oprigting van strukture/ voorkoming van gronderosie
Beplanning, oprigting en instandhouding van besproeing
Beginsels van energie en toepassing op landbou
Landboubestuurspraktyk
Dit is die studie van die toepassing van die ekonomiese en bestuursbeginsels wat aangewend word in die produksie en bemarking van voedsel en landbouprodukte.
Konsentreer op verbouingspraktyke in die Suid-, Wes- en Oos-Kaap
Aanwending van relevante tegnologie en wiskundige vaardighede in landbou.
ADDISIONELE VAKKE
Toerisme
Entrepreneurskap in toerisme
Eko-toerisme
Bewaring en bevordering van SA Toerisme
Kaartwerk
Kulturele, natuurlike en sosiale erfenisgebiede
Beplanning van toere(attraksies, aktiwiteite, begroting ens.)
Ingenieursgrafika en -ontwerp
Leerders moet drie dimensionele insig openbaar
Komponent rekenaartekeninge ontwerp huise, elektries, onderdele ens.
Nie voorvereiste vir argitektuur of ingenieurswese
Rekenaartoepassingstegnologie
Basiese konsepte
Gevorderde woordverwerking, sigblaaie, databasis, aanbiedingsvaardighede