Die Hoër Landbouskool Oakdale is bekend vir tradisie, dissipline en samehorigheid onder sy leerders. Ons kan egter nie anders as om die betrokkenheid van Oakdale-ouers by die skool en sy aktiwiteite te meld nie. Die skool beskik oor ’n uiters lojale en betrokke ouergemeenskap wat in onderskeie streke met innoverende idees bydra tot fondsinsamelingsprojekte.
Die skool beskik oor drie Ondersteunersklubs wat elk projekte aanbied ten einde bydraes tot skoolfonds te lewer. Die groepe en hul projekte sien soos volg daaruit:-
Bied ’n 4x4 projek aan asook ’n heerlike skuurdans.
Bied ’n 4x4 projek aan.
Bied ’n naggholfprojek aan.
Die skool bied slegs een groot fondsinsamelingsprojek gedurende die jaar aan waarby alle ouers betrokke is en hard werk ten einde die doelwitbedrag te bereik. Die Akkerfeesopbrengs word ingereken by die skool se begroting ten einde onderriggeld bekostigbaar te maak.
Vanjaar se Akkerfees word gedurende die naweek van 17 – 19 Mei aangebied en sluit die volgende in.
![]() |
![]() |