Text Size

Koshuise

Oakdale is voorwaar ’n “koshuisskool” waar 387 van die 400 leerders van koshuisinwoning gebruik maak.  ’n Sterk band van tradisie en samehorigheid word hier gevestig, bydraend tot die unieke skoolgees wat op Oakdale heers.  Oakdale is enig in sy soort.

Streng dissipline is ‘n absolute voorvereiste en word ’n veilige ruimte geskep waar binne leerders sosiaal maksimale vormingsgeleenthede gebied word.

Die effektiewe diensdoeningstelsel deur twee Superintendente, en tien diensdoende onderwysers dra by tot effektiewe beheer en gelukkige leerders.

Studiesaal
Studie in kamer
Ete in eetsaal
Opskep
TV-kamers met leerders op pawiljoen
Kleedkamers

Studietyd

Graad 8 - en 9 - leerders studeer onder toesig in die studiesaal terwyl Gr. 10 - 11 - en - 12 leerders in hul kamers studeer.  Twee personeellede is te alle tye op koshuisdiens.

Amptelike studietyd is: 14:45 -15:45 en 19:00 – 21:00.