Om vandag jonk te wees is 'n wonderlike avontuur. 'n Wêreld vol geleenthede, avontuur en uitdagings is wat elke voornemende leerder op die Oakdale kampus kan verwag. Leerders kry hier die geleentheid om hulself in 'n stil, rustige plaasatmosfeer uit te leef, na aan die grond en hul Skepper groot te word en die gesonde, heilsame, vormende invloed van die natuur te ervaar.
MISSIE
Die strewe na uitnemendheid in alle fasette van opvoedende onderrig met spesifieke verwysing na die skep van geleenthede en fasiliteite aan elke leerders met sy unieke potensiaal en vormingsgeleenthede.
'N SAMELEWING IN DIE KLEINE
Oakdale bied aan ons leerders die ideale geleentheid om in unieke omstandighede en in 'n omgewing afgesonder van steuringe van buite, 'n samelewing te skep waar hul in balans tussen akademie, sport, kultuur, landbou, verenigings en geestelike groei, aanpas en leer om hul ding te doen. Dit bied ons leerders die geleentheid om met groot selfvertroue en verantwoordelikheid die lewe daar buite aan te durf.
ONDERRIGGELEENTHEDE
Akademiese uitnemendheid word op Oakdale verseker deur n hoë standaard van onderrig, ondersteun deur n puik personeel, moderne onderrigfasiliteite en n nuut ingerigte rekenaarlokaal. Die skool behaal reeds vir baie jare, jaarliks n 100% slaagsyfer, verskeie A-gemiddelde simbole en vele vak-onderskeidings. Toekennings is ook al van die WKOD ontvang vir puik akademiese prestasies. Die omvattende vakkeuse bied die geleentheid tot enige studierigting of toetrede tot eninge beroepskeuse. Studierigtings in landbou, ekonomie, rekenars, wiskunde, medies en ingenieurswese is baie gewild by skoolverlaters. Oakdalers se hoë standaard van pligsbesef, selfstandigheid en verantwoordelikheid maak hulle gewild en is hulle in groot aanvraag as skoolverlaters
n Aansoekvorm en verdere besonderhede in verband met kleredrag, losies- en skoolgeld, beurse en vervoer tydens uitnaweke en vakansies sal met graagte aan u verskaf word. Onderhoude word met elke leerder en sy ouers tydens Julie en Augustus gevoer. Aansoeke moet die skool liefs voor einde Junie bereik.
| < Vorige | Volgende > |
|---|