Die skool is gesteld op die netheid van ons leerders bydraend tot die daarstelling van ‘n karakter van trots en tradisie. Die eenvormigheid van die Oakdalers is bydraend tot ’n hegte band van samehorigheid.
Somers no. 1-drag (Vrydae & Maandae voor en na tuisnaweek)
Wit kortmouhemp met skoolwapen op sak.
Grys lang of kortbroek.
Grys kouse en bruin Bronx skoene met (15mm skoensool)
Winters no. 1-drag (Vrydae en Maandae voor en na tuisnaweek)
Wit langmouhemp met skooldas.
Grys langbroek
Blou skoolbaadjie
Blou oortrektrui
Grys skoolkouse en bruin Bronx skoene
Kakieklere
Gedurende die week word kakieklere gedra wat daartoe bydra dat leerders gemaklik in die landbouafdelings kan beweeg.
Kakiehemp (kort- of langmou)
Kakiebroek (kort- of langbroek)
Kakiekouse
Bruin Bronx skoene
Blou windjakker
Blou oortrektrui.
| < Vorige | Volgende > |
|---|