Text Size

Skoollied

Hoër Landbouskool Oakdale se skoollied is geskryf deur Doll de Villiers en getoonset deur Dirkie de Villiers in Augustus 1972

Waar Oranje heide welig teen die Langeberge bloei
het 'n skool met ideale vir 'n volk se jeug gegroei
tot 'n vesting waar die liefde vir ons duurgekoopte land,
ons besiel om steeds te dien met hoof en hand
onder soeklig van die kennis kom begrip van die natuur
so behou ons hierdie skone erfenis
Ons sal vreugde vind in arbeid, ons sal trou bly aan ons taak
steeds vertrouend op die grote Gods bestuur.


Refrein:
Sing van Oakdale bly en luid
Dra die boodskap tot die vêrste grense uit
Deur die jare bly ons trou
aan die hoog-verhewe taak 'n land te bou