Donkerbos
Die Oakdalers is baie lief en trots op hulle omgewing. Hulle verwys na die Oakdale terrein as “hulle plaas”. Die skool is 2 km buite Riversdal geleë en word gekomplimenteer deur ongelooflike natuurskoon.
Donkerbos verwys na die rivier wat ongeveer 100m vanaf die skool verby vloei en verskeie avontuuraktiwiteite huisves. Dis hier waar Oakdalers in natuurlike rivierpoele swem, met die rivier af vloei en ja, ook kleilat speel. Hier kan ‘n seun nog seun wees.
Jonkwees is darem lekker!
Graadkampe
Oakdale het ook vanjaar begin met die aanbieding van kampe vir die onderskeie graadgroepe. Die kampe is vanjaar reeds vir die gr. 10’s en 12’s aangebied en sluit tot ’n groot mate spanaktiwiteite en avontuuraktiwiteite in.
Andries Smith ons potjiekoskoning
Kalahari Vasbyt
Die Kalahari Vasbyt (Desember) deur mnr. Andries Erwee vanTemba Toere aangebied, is ’n gewilde aktiwiteit waarby Oakdalers baie baat vind.
Sewe Oakdalers het vanjaar ingeskryf vir die Kalahari-Vasbyt kamp wat vanaf 1-18 Januarie aangebied is deur Andries Erwee en sy span van Temba Toere. Deelnemers word in uiters moeilike omstandighede fisies en emosioneel beproef op ‘n roete in Botswana waartydens leierskap en spanwerk ontwikkel word. Oakdale is trots op die sewe manne wat die kursus baie goed geslaag het en die skool se naam met trots gedra het.