Text Size

GEESTELIKE

Die Christelike karakter van die skool word sterk beklemtoon en word daar spesifieke programme aangebied ter bevordering van Christenskap en geestelike vorming.  Die beklemtoning van streng dissipline, sterk morele waardes en voorbeeld deur personeel en leerders bly ’n prioriteit vir die daarstelling van hoë morele standaarde onder almal by Oakdale betrokke.

VSCV

Die kringleiers van die VCSV in samewerking met ’n skakelonderwyser en geestelike leiers bied elke Donderdagaand tussen 18:00 en 19:00 ’n interessante program aan.  Deelname aan VCSV geskied uit vrye wil en word aktiwiteite goed bygewoon.

Oakdale Jeugweek

Gedurende Februarie van elke jaar word ’n Jeugweek vir Oakdale leerders in die skoolsaal aangebied. 

 

Kategese

Lidmate van die NG-Kerk se kinders woon kategeseklasse op ’n Dinsdagaand tussen 18:00 en 19:00 by die skool by soos aangebied deur kategete van die NG-Kerk Riversdal Moedergemeente.