Die skool poog om elke twee jaar ’n buitelandse toer met ’n senior groep leerders of sportspan te onderneem afhangend van die algemene ekonomiese toestande wat nasionaal heers.
Die leerders geniet ongelooflike blootstelling tydens sogenaamde oorsese toere en doen onvergeetlike lewenservaring onder toesig van personeel op.
Die volgende toere is reeds onderneem:
1995 - Britse Eilande (Rugby)
1997 - Britse Eilande (Rugby)
1999 - Britse Eilande (Rugby)
2002 - Nieu Zeeland (Rugby)
2005 - Argentinië (Rugby)
2006 - Argentinië (Rugby)
2009 - Namibië (Rugby)
2010 - Indië (Krieket)
2011 - Spanje en Frankryk (Akademie en kultuur).
Binnelandse toere word jaarliks onderneem wanneer sportspanne veral toernooie bywoon. Landboutoere word ook onderneem en plekke soos die Kruger Wildtuin is reeds besoek.