Elke graad 9-leerder beskik oor ʼn 4m x 4m-groentetuin waarin hy groenteverbouing toepas. Leerders stel hul eie besigheidsplan op, beplant en versorg dan self sy tuin. Op Oakdale word daar gepraat van die “4×4-plasies”. Die insetkoste, maar ook die wins, is vir die sak van die leerder – ʼn waardevolle les in die bestuur van finansies en koste-effektiewe verbouing.

Die skool beskik oor sitrus-, appel- en kweperboorde, asook pekanneutbome. Oakdale is bevoorreg om oor oudskoliere en ouers te beskik wat oor jare heen betrokke was by die vestiging van die vrugteboorde.

Hannes Gous en Tiaan Visser by hul wortelopbrengs.
Oakdale se vrugte is gewild in die Hessequa-omgewing.
André-Louis Otto, Estiaan Steyn en Dian Oosthuizen besig om boontjies te oes.
Roelou Bruwer spog met sy goeie kwaliteit blomkool.