GROSVENOR-OORLEWINGSKURSUS

Agt leerders het gedurende die eerste week van die Desembervakansie die Grosvenor-oorlewingskursus meegemaak.

Gewapen met slegs 250 ml sap, ʼn appel, ‘n aartappel en ʼn ui en met net die klere aan hul lyf, het hulle die lang pad van Wildernis tot Hartenbos te voet aangepak. Hulle was slegs van die natuur afhanklik vir skuiling, kos en water.

Die groep het die 84 km oor sewe dae afgelê – van hulle het slegs op water oorleef. Deursettingsvermoë en selfdissipline het die Oakdalers se sukses verseker.

Die skool is trots op leerders wat gedurende vakansies aan aktiwiteite deelneem wat hul unieke Oakdalerskap weerspieël.

Dié manne kan oorleef!