BYT VAS OP KALAHARI-VASBYT

“Ons is manne soos geen ander…” ʼn bekende aanhaling uit die Vasbytlied. Dis ʼn avontuur van ʼn leeftyd, nie net nog ʼn ervaring nie, maar ʼn belewenis.

Hierdie toer word deur die welbekende avonturier, Andries Erwee van Temba Toere, vir tieners tussen 16 en 18 jaar regoor die hele land, aangebied. Agt Oakdalers het vanjaar hul staal gewys en verryk teruggekeer skool toe.

Mense sien dit soms as ʼn oorlewingskursus of strafkamp, maar die teendeel is egter waar. Dit is ʼn avontuur en kosbare leerskool vir die lewe. Elke seun leer homself tot in sy diepste wese ken. Dis hier waar hy grense oorsteek en verskuif, van ʼn berg ʼn molshoop maak, vrese oorwin en nader aan sy Skepper leer leef.

Leierseienskappe word uitgebou, en deelname aan aktiwiteite soos bungee-jump, “white river rafting” en moderne PT is op die ‘spyskaart’.

Die Kalahari-Vasbyt is nie maklik nie, maar tydens die kursus bestaan die woorde: “Ek kan nie!” nie in jou woordeskat nie. Hier word van onbekendes broers gemaak.

Die agt Okdalers wat vanjaar die Kalahari-vasbyt bygewoon het.
Adrenalien hoog op die Zambezi-rivier.