Text Size

EISTEDDFOD

Dit is duidelik dat daar veel meer in die Bulle steek as net hul prestasies op die sportveld en die belangstelling neem jaarliks toe. Oakdalers is manne met vele talente wat hulself tussen die akkerbome uitleef.

Oakdale is veel meer as net 'n skool van manne wat rugby speel! 'n Mens moet net n klein bietjie dieper kyk of dalk luister. Die skool kan baie trots wees om 'n rekordgetal Oakdalers wat aan die Ratem Eisteddfod deelneem. Die inskrywings wissel van klavier, klarinet, toneel, gedramatiseerde poësie en skryfkuns. Die Oakdale-skoolkoor, onder leiding van mev. Erika Goedhals, spog elke jaar met 'n goue toekenning en is 'n gewilde aktiwiteit by die seuns.