Text Size

Algemeen

Die Hoër Landbouskool Oakdale is een van min “suiwer” landbouskole in die land waar die neem van een landbouvak nog verpligtend is.

Die landboukomponent dra by tot die onderskeid van die skool en sy leerders.  Hier leef hul naby aan die grond en ervaar ’n besondere belewenis van die natuur, avontuur en die Skepping.

Oakdalers geniet die landbou-opleiding waar teorie met praktykgerigte opleiding aangevul word.  Ja, hier doen die manne nog “roetine” in die middae waartydens veral gr. 8 en 9 kennis maak met die onderskeie afdelings.  Gr. 9- en 10-leerders het ook hul eie groentetuine.

Oakdale is bevoorreg om oor puik landbou- en onderwyspersoneel te beskik met ’n passie vir landbou.  Landboubesigheid is ook uiters betrokke by opleiding wat daartoe bydra dat ons in gr. 10 & 11 uiters interessante landboukursusse aan ons leerders bied wat aansluit by die kurrikulum en waarvoor sertifikate uitgereik word by suksesvolle voltooiing.

Landboukursusse op Oakdale aangebied.

  • Vleisbeeskursus                           Gr. 10
  • Volstruiskursus                            Gr. 10
  • Skaap- en wolkursus                    Gr. 11
  • Suiwelkursus                               Gr. 11
  • Arbeidsverhoudingkursus              Gr. 11
  • Wild- en natuurlewekursus           Gr. 11  (Sluit ook goed aan by die vak Toerisme.)