Text Size

Landerye

Die skool plant tot ’n groot mate weiding vir die onderskeie vee-afdelings, maar produseer ook jaarliks koring, canola en gars.

Die skool beskik nou ook oor sy eie saaimasjien wat gedurende 2010 aangekoop is.  Massey Ferguson is betrokke by landbou-onderrig en wel by die borgskap van ’n trekker en die saaiafdeling.

Die skool saai ongeveer 300ha.

Teorie word deur praktykgerigte opleiding ondersteun waar leerders kennis maak met toerusting, saai- en oespraktyke, grondbewerkingstegnieke, graantipes, kontraktering en vele ander bestuurspraktyke. Leerders woon verskeie boere-inligtingsdae by en 'n graanskool word ook aan gr.11- leerders aangebied.