
Die Hoër Landbouskool Oakdale beskik oor ongeveer 600 Jerseys waarvan 300 tans in melk is met ’n stalgemiddelde van ongeveer 17 liter/dag. Die skool lewer melk aan Parmalat en word van die nuutste bestuurbeginsel in die afdeling toegepas. Die moderne 24-vastepunt - melkstal met volle integrasie van die rekenaar in ’n lewende laboratorium waar leerders in suiwel opgelei word.
Die Oakdale Jersey kudde is bekend in Suid-Afrika nadat verskeie van ons Jerseyverse reeds van die hoogste pryse en plekke behaal het by die nasionale veilings en tentoonstellings. Mnr. Hennie Uys en sy personeel verdien lof vir die bestuur van die afdeling.
| < Vorige | Volgende > |
|---|