In Maart 2011 het mev. René van Wyk by Oakdale met die Littera-leessentrum begin.

Die resultate wat sy behaal het met die leerders, toppresteerders sowel as leerders wat werklik swak gelees het, is verstommend.

Navorsing toon dat lees ʼn direkte invloed op akademiese prestasie het. Hoe vinniger jy met begrip lees, hoe vinniger sal jy studeer. Lees is ʼn ingewikkelde proses wat nie vanself plaasvind nie en is ook ʼn vaardigheid wat lewenslank ontwikkel en verbeter moet word.

Al die graad 8’s word vroeg in die jaar gratis deur Littera getoets en die resultate aan die ouers deurgegee.

U is welkom om René te skakel by  071 294 4257 of haar te e-pos by littera@oakdale.co.za indien u meer inligting verlang.

Littra-lesers saam met die aanbieder me. Mari de Kock.