BULLE DOEN DIT VIR 20 JAAR

Die matriekklas van 2016 dra daartoe by dat die skool in die afgelope 20 jaar ʼn 100% slaagsyfers kon handhaaf.

Dit was veral hul prestasies in die drie landbouvakke wat beïndruk het. Nasionaal het die Hoër Landbouskool Oakdale die hoogste vakgemiddelde in Landboutegnologie behaal asook die twee beste presteerders landwyd in hierdie vakke opgelewer.
•    Johann van der Watt behaal die 1ste plek nasionaal met 92%.
•    Willem du Toit behaal die 2de plek nasionaal met 90%.

Die vak Landbouwetenskap spog met ʼn gemiddelde van 72,1% (5 A’s, 20 B’s, 9 C’s en 3 D’s) en Landboubestuurspraktyk met ʼn gemiddelde van 62,9%. Die vakke Rekeningkunde, Landbouwetenskap, Ingenieursgrafika en -ontwerp, Engels Eerste Addisionele Taal en Toerisme het puik presteer met gemiddeldes bo 68,5%.

Uit die klas van 78 behaal 53 matrikulasievrystelling.

ʼn Totaal van 66 A-vakgemiddeldes en 110 B-vakgemiddeldes getuig van goeie prestasies.

Oakdale is baie trots op die vier leerders wat elke agt onderskeidings verwerf het.

Heelwat leerders het reeds studiebeurse in die rigtings Ingenieurswese, Landbou en Bs.C ontvang asook sportbeurse en kontrakte by tersiêre instansies en provinsies.

TOPPRESTEERDERS

null

Stander Terblanche

8 onderskeidings 89,5%
null

Awie Botes

8 onderskeidings 88,7%
null

Johann van der Watt

8 onderskeidings 88%
null

Zak Liebenberg

8 onderskeidings 86,3%
null

Japie de Villiers

4 onderskeidings 81%