Jeugskou is ’n gewilde sport waar leerders die vaardighede aanleer en demonstreer hoe om diere met vernuf te hanteer en te vertoon. Oakdalers presteer veral goed in wol- en vleisskape asook suiwel - en vleisbeeste. Leerders neem aan verskeie jeugskoukompetisies deel tydens streekskoue waarna hulle by die Wes-Kaap kleure verwerf vir deelname aan die SA-Jeugskoukampioenskappe.
| < Vorige | Volgende > |
|---|