Die skool bevorder binne- en buitelandse sport-, asook akademiese toere, soos wat die ekonomie en waarde van die rand dit toelaat. Verskeie buitelandse sporttoere is reeds na Engeland, Argentinië en Nieu Zeeland, Noord-Ierland, Swede, Nederland, Amerika, Duitsland en Switserland onderneem. Gedurende 2016 is ʼn rugbytoer na Namibië en ʼn akademiese- en kultuurtoer na Europa onderneem.

Die puik prestasie van die Oakdale 560 kg-toutrekspan het bygedra dat hulle gedurende 2016 vir die agtste agtereenvolgende jaar ʼn buitelandse toer onderneem om aan die Wêreldkampioenskap deel te neem. Daar is reeds in Ierland, Swede, Switserland, Duitsland en Amerika besoek afgelê. Swede word weer gedurende Augustus 2016 besoek.

Landboutoere en uitstappies word ook gereeld binnelands aangepak.

Toere word absoluut aangewend om die leefwêreld van die Oakdalers te verbreed en te verryk en geskied onder streng toesig.