OAKDALE HOU WYNVEILING IN DIE HARTJIE VAN DIE BOLAND

Die Oakdale-wynveiling is weer vanjaar by Kronenburg in die Paarl aangebied. Dit was die organiseerder, Hawies de Villiers (matriek 1982), wat met sy aansteeklike entoesiasme en lojaliteit sukses verseker het.

Die Oakdale-bussie met die tradisionele wynveiling-ondersteuners uit Riversdal-, Heidelberg- en Swellendam-omgewing, het nie op hulle laat wag nie en bygedra tot die netto-opbrengs van R 299 630 Die sukses van die wynveiling lê egter in die ondersteuning van ouers, vriende, oudskoliere en besighede van regoor die Wes- en Suid-Kaap.

Wees gewaarsku! Moenie in die bus gaan slaap terwyl die veiling nog aan die gang is en boonop jou veilingnommer op die tafel laat lê nie. Dit was lekker, maar nog lekkerder omdat dit ʼn Oakdale-lekkerkry sukses was!

Die afslaer mnr. Appie Maritz aan die woord.
Die veiling is die breinkind van mnr. Hawies de Villiers in die middel voor.