Die aansoekproses is as volg:
Doen aansoek op die webtuiste van die WKOD Kliek hier: https://www.westerncape.gov.za/education
Maak seker dat die aansoek volledig voltooi is en dat duidelik leesbare ondersteunende dokumentasie, soos versoek deur die WKOD, opgelaai word. Indien dit nie volledig is of in die korrekte formaat nie, sal die aansoek as onvolledig beskou word en nie deur Hoër Landbouskool Oakdale oorweeg kan word vir toelating nie.
Elke aansoek by elke skool kry ‘n spesifieke bewys. Hou die WKOD bewys vir verdere gebruik.
Om die aansoekproses vanuit die skool se perspektief te bestuur, sal ons dit waardeer indien u die Oakdale aansoekvorm op die skool se d6 skakel ook sal voltooi. Neem asseblief kennis dat dit verpligtend is.
Oakdale Aansoekvorm: Kliek hier https://3881.d6plus.co.za/register/
Sodra u die Oakdale aansoekvorm voltooi het, asook die nodige ondersteunende dokumente gelaai het, kan u die vorm op die d6 stelsel indien deur die dokument te “submit”.
Ter bevestiging dat u aansoek ontvang is, sal u ‘n e-pos vanaf die skool ontvang. Alle leerders wat ‘n aansoek ingedien het, ontvang ‘n onderhoud. Datum van onderhoude sal per e-pos deur die skool met u as ouers bevestig word
BELANGRIKE DATUMS
- Vanaf 28 Mei 2026 vertoon die uitslag van u aansoek op die WKOD-webtuiste.
- Vanaf 28 Mei tot 10 Junie sal u per sms of e-pos deur die WKOD ingelig word aangaande die uitkoms van u aansoek.
- Ouers moet teen 15 Junie 2026 aanvaarding op die WKOD-webtuiste aandui.
- Ouers sal verdere korrespondensie vanaf die skool ontvang.

