2024

2024 se Vasbyters was, Daniël du Preez en Luan Serfontein. Dit bly ‘n uiters gewilde avontuur vir manne soos geen ander.

2023

“…Ons is manne soos geen ander, sonder vrees vir stof en swaar en ons oefen en baljaar ook in die aansig van gevaar…” So lui die Vasbytlied, ʼn lied wat menige Vasbyter al gehelp het om deur te druk onder die strafste omstandighede. Die Kalahari Vasbyt word beskryf as die grootste uitdaging wat enige hoërskoolseun vir homself kan stel.

Vyf van Oakdale se seuns het die afgelope vakansie aan die veelgeroemde Kalahari-Vasbyt in Zimbabwe en Botswana deelgeneem en suksesvol voltooi. Dit word deur die welbekende toerleier en avonturier, Andries Erwee, aangebied. Behalwe vir die fisiese uitdagings en oefensessies oor ‘n tydperk van 3 weke, word die seuns ook gelei en geskool in kennis met betrekking tot die natuur, wild, inheemse bome, voëls en fotografie. River rafting op die Zambezi-rivier en rekspronge oor die Zambezi-rivier, vorm deel van die adrenalien-aktiwiteite. Seuns leer van kosmaak en viertrek-bestuur in die Botswana-wildernis en sluit die aktiwiteite af met ‘n riller van ‘n roetemars.

Die vyf Oakdalers wat vanjaar deel was van hierdie ongelooflike ervaring is Henk Meyer, Jan-Hendrik van Wyk, Dewald Jonck, Conrad Heyns en Zandre Lategan.

Welgedaan manne soos geen ander!