2024

Mnr. Malan du Plessis bestuur tans die vrugte-afdeling. Die nuwe boordspuit wat deur ROVIC geskenk is, is tans van die beste beskikbaar in die bedryf. Landbou-opleiding vir ons seuns word ook al hoe meer in die boord vir ons seuns aangebied. Oakdale beskik oor boorde waar pere, kwepers, lemoene en appels verbou word. Die hele oes is gelewer aan handelaars in Riversdal en Stilbaai. Curativo doen tans alle proewe in die boord.

2023

Die skool beskik oor sitrus-, appel- en kweperboorde, asook pekanneutbome. Oakdale is bevoorreg om oor oudskoliere en ouers te beskik wat oor jare heen betrokke was by die vestiging van die vrugteboorde.

Mnr. Malan du Plessis bestuur tans die vrugte-afdeling. ‘n Nuwe gerekenariseerde besproeiing-stelsel is verlede jaar in die vrugteboord geïnstalleer. Ons beskik oor pere, kwepers, lemoene en appels. Daar is vanjaar baie teruggesnoei op al die bome om nuwe groei te bewerkstellig.