2025
Mnr. Malan du Plessis bestuur die vrugte-afdeling. Die nuwe boortspuit wat geskenk is deur ROVIC is tans van die beste beskikbaar in die bedryf. Landbou-opleiding vir ons seuns word al hoe meer ook in die boord gedoen rakende spuit, snoei en besproeiing. Die Landbouklub is ook nou betrokke by oes en hulp. Ons beskik oor boorde waar pere, kwepers, lemoene en appels verbou word. Die hele oes is aan handelaars in Riversdal en Stilbaai gelewer. Curativo doen tans talle proewe in die boord.











