Debat – 2025
Ten spyte van ‘n baie vol program het Oakdale weer ‘n junior- en ‘n seniordebatspan vir die ATKV-debatskompetisie ingeskryf. Alhoewel hul nie na die volgende ronde deurgedring het nie, het hul hul goed van hul taak gekwyt.

Twee junior- en een seniorspan het aan die eerste ronde van die ATKV-debatskompetisie deelgeneem. Die graad 8-span (Eric Muller, Logan Price en Duan Rautenbach) het hul debat gewen, maar dring nie deur na die semifinaal nie.
Die graad 9-span bestaande uit, Simon Booysen, Ruben Erasmus, Jaden du Plessis, behaal die 5de posisie in die Suid-Kaap en word deur die ATKV genooi om aan die semifinaal in Stellenbosch te gaan deelneem. Die uitslae van dié ronde sal teen 21 Mei bekendgemaak word.
Handré Gerber en Jurian den Heever het hierdie jaar vir die eerste keer aan die seniordebat deelgeneem en alhoewel hulle nie na die volgende ronde kon deurdring nie, het hul waardevolle ondervinding opgedoen.