VCSV – 2025 Agape
Oakdale-jeug / Jeugweek / Agapé
Die Oakdalers het tydens pouse op ‘n Woensdag bymekaargekom om Jesus te loof en prys. Verskeie geestelike leiers vanuit die dorp het deel van die bedieningsprogram gevorm. Daar was ook ander gassprekers wat die seuns toegespreek en geïnspireer het. Pastoor Francois Barnard en die orkes van AGS Riversdal het deur die loop van die jaar die Oakdalers met lofprysing en aanbidding bedien. Maandae is ‘n groep seuns na Leef-Gemeente vervoer om aan Lift Jeugbediening se program deel te neem. Graag bedank ons ons geestelike leiers vanuit die Riversdal- en Stilbaai-gemeenskap, naamlik dss. Tertius Lamprecht, André Jordaan, Vian Louw past. Francois Barnard en Nemesia van Dyk.
Jeugweek is hierdie jaar deur mnr. Niel Hofmeyr van Every Nation Paarl-Noord aangebied. Hy is ‘n ou bekende op Oakdale en het ‘n passie vir jongmense. ‘n Hoogtepunt van die week was die pa-en seunaand wat goed ondersteun is. Niel het gesorg dat die seuns en hul pa’s kwaliteit tyd saam spandeer en het ons leerders op sy besondere vaderlike wyse bearbei.

























