VCSV – 2024 Agape

Oakdale-jeug / Jeugweek / Agapé

Die Oakdalers het tydens pouse op ‘n Woensdag bymekaargekom om Jesus te loof en prys. Verskeie geestelike leiers vanuit die dorp het deel van die bedieningsprogram gevorm. Daar was ook ander gassprekers wat die seuns toegespreek en geïnspireer het, soos oudskoliere Emile Karg (2016), Wees Lig bedieningsspan en Goukam Health NWO. Pastoor Francois Barnard en die orkes van AGS Riversdal het deur die loop van die jaar met lofprysing en aanbidding die Oakdalers bedien. Graag bedank ons ons geestelike leiers vanuit die Riversdal- en Stilbaai-gemeenskap, naamlik ds. Tertius Lamprecht, ds. André Jordaan, Past. Simon van der Pol, Past. Francois Barnard, Ds. Vian Louw, Morné Fuls en Nemesia van Dyk.

Oakdale het vanjaar ‘n suksesvolle jeugweek aangebied wat deur mnr. Jacques Malan en sy span van Father’s Voice, gelei is. Die pa-en-seunaand wat altyd ‘n groot hoogtepunt van jeugweek is, het vir groot genot gesorg. Die Father’s Voice-span het ook in Augustus ‘n familiekamp op Oakdale se gronde aangebied.

Ds. André Jordaan van NG Kerk Riversdal Moedergemeente het gedurende die jaar die Agapé-leerders geestelik toegerus om as leiers in die koshuis en skool op te tree. Deon Viljoen en Kevin Smit is gesamentlik as voorsitters vir die Agapé verkies en het ds. Jordaan se hand versterk.

Agape