Bergfietsry is sinoniem met skolesport op Oakdale. Die Spur-skolereeks en Eden XCo-reeks is fietswedrenne wat leerlinge die geleentheid bied om in skoolverband asook individueel die bulte en draaie aan te durf.Onder leiding van Mnr. Kobus van Wyk kan fietsryers weekliks oefen op die Oakdale bergfietsbaan.