REËLS MET BETREKKING TOT VOORKOMS EN KLEREDRAG
Daar word van leerders verwag om geklee te wees in die amptelike skooluniform soos van toepassing tydens onderrig, sport en funksies. Geen byvoeging tot die skooluniform wat nie deel is van die voorgeskrewe drag (bv. musse en serpe) is toelaatbaar nie.
Geen armbande of juweliersware (uitgesonder polshorlosies en Medic Alert-bande) mag saam met skooldrag gedra word nie. Slegs die voorgeskrewe bruin Bronx skoolskoene met ‘n 15 mm dik sool mag gedra word. Skoenveters moet na behore ingeryg en styf getrek wees.
Alle leerders moet ‘n bruin lyfband dra saam met die grys- of kakiebroek wat van lyfbandlussies voorsien is .
Voor en na wedstryde moet leerders in no.1-wintersdrag geklee wees of soos deur die onderwyser gereël. Elke leerder se klere moet duidelik gemerk wees. Geen juweliersware of oormatige lapelwapens mag saam met sportdrag gedra word nie.