Oakdale het vanjaar ’n nuwe hoofstuk betree deur vir die eerste keer ’n robotika- en koderingsklub aan te bied. Hierdie klasse word na skool as ’n buitemuurse aktiwiteit aangebied en bied aan leerders die geleentheid om praktiese vaardighede in tegnologie en probleemoplossing te ontwikkel. Hoewel die belangstelling aan die begin nog beperk was, glo ons dat dit in die toekoms wesenlik gaan groei soos meer leerders die waarde van hierdie vaardighede besef. Robotika en kodering is ’n groeiende veld wat ons leerders voorberei vir die toekoms en vir moontlike beroepe in landbou, tegnologie, ingenieurswese en wetenskap.
Ons is baie opgewonde oor hierdie nuwe onderneming wat Oakdale aangepak het en sien uit na die geleenthede en uitdagings wat nog voorlê. Die moontlikhede vir ons leerders in hierdie area is onbeperk en ons glo dat hierdie klub ’n belangrike bydrae tot hulle ontwikkeling en sukses sal maak.

