‘n Graad 10-leerder, Abrie van As, met sy projek, “Akkerchar – The Secret to a Thriving Spinach Crop”, was vanjaar vir ‘n tweede jaar deel van die Eden Karoo-span wat aan die Internasionale Eskom Ekspo vir Jong Wetenskaplikes deelgeneem het. Hierdie projek, wat in die afdeling Landbouwetenskap ingeskryf was, het navorsing oor die effek van geaktiveerde koolstof (vervaardig uit “Oakdale-akkers”) in die verbouing van spinasie, behels. Abrie het ‘n silwermedalje verower.