Afgesien van die gewone kurrikulum, bied die Hoër Landbouskool Oakdale ook drie landbouvakke aan, nl. Landbouwetenskap, Landboutegnologie en Landboubestuurspraktyk. Alle leerders in graad 10 – 12 is verplig om ten minste een tot ʼn maksimum van twee landbouvakke te neem.
Oakdale is bevoorreg om oor uiters goedopgeleide en bekwame onderwyspersoneel in die landboudepartement te beskik. Die skool maak gebruik van die plaas om opleiding te bied ten einde teorie en praktyk te kombineer. Privaat instansies tree in vennootskap met Oakdale op ten einde verskeie landboukursusse aan leerders aan te bied.
Oakdale is landwyd welbekend vir die hoë standaard en innovering in landbou-opleiding. Landbou-opleiding word gebied in die volgende bedryfsvertakkings: suiwel, vleisbeeste, skaap en wol, landerye, groente en vrugte.