Landbouskole-uitruilprogram (Frankryk)

Mnr. Kobus van Wyk en ses graad 11-seuns besoek Fonlabour Landbouskool in Albi, Frankryk vanaf 25 September tot 14 Oktober 2025 as deel van ‘n uitruilprogram tussen die twee landbouskole. Die ooreenkoms tussen die skole het ten doel die blootstelling en deelname aan verskeie landbouvertakkings wat bydraend sal wees tot die kurrikulum van ons drie landbouvakke. Aangesien beide skole se landbouafdelings soveel ooreenstem, sal dit die leerervaring van ons groep soveel meer versterk.

LANDBOUKURSUSSE

Die Oakdale-leerders word aan verskeie kursusse blootgestel, addisioneel tot normale onderrig en opleiding. Alle kursusse word deur privaat instansies aangebied wat as vennote in die daarstelling van effektiewe opleiding optree.

Die volgende kursusse is gedurende 2025 aangebied:

2025

i) Rovic kursus (Mnr. G. Liebenberg)
Rovic is reeds lank by die skool betrokke en vanjaar is die eerste inleidende kursus aangebied. Die kursusinhoud het oor die werking van verskillende implemente gehandel. Groot dank aan mnr. Philip Oosthuizen wat die kursus oor twee dae aangebied het.

ii) Bewaringsekologie
Tydens die kursusweek het die leerders aktief aan die verwydering van uitheemse bome in die Langeberg, spesifiek in die gebiede van Garcia-pas en die Langkloof deelgeneem. Die hoof fokus was die uitkap van Black Wattle- en Dennebome om die waardevolle fynbos in hierdie areas te beskerm en te herstel. ’n Totaal van 5 480 Dennebome en 2 831 Black Wattle-bome is uitgekap. Ons sien uit daarna om hierdie projek in die toekoms op ’n meer gereelde basis aan te pak en so ’n blywende positiewe impak op die omgewing te maak. ’n Spesiale woord van dank aan Cape Nature, asook mnre. Tielman Roos en Adohan van den Berg vir hul waardevolle bydrae en ondersteuning.

iii) Hoenderslag-kursus
Die graad 8-leerders het ook aan die hoenderslag-kursus deelgeneem, waar ’n totaal van 50 hoenders geslag is. Hierdie praktiese ervaring het die leerders blootgestel aan waardevolle vaardighede en kennis wat hul begrip van landboupraktyke verbreed het. ’n Groot dank aan Me. Jackie Geldenhuys en haar span vir hul leiding en ondersteuning tydens hierdie geleentheid.

2024

Lewensvaardigheid- en Melkstalbekendstellingskursusse (Mnr. G. Holtzhausen)

  • Hennie Joubert en die damespersoneel het boeliegedrag, sosiale media, etiket en die vernuf om knope aan te werk, met die seuns behandel.
  • Die gimnasiumpersoneel het basiese noodhulpvaardighede gedemonstreer.
  • By die melkstal is kalwers se horings gebrand, die melkstal is gewas, kuilvoerbunkers is skoongemaak en die algemene dagtake van ‘n melkery is aan die leerders deur verduideliking, asook deur van die take prakties te doen bekendgestel. Leerders verstaan nou dat die melk wat hulle daagliks in die eetsaal kry nie sommer net die druk van ‘n knoppie is nie, maar dat daar baie tyd en arbeid ingesit word om ‘n goeie produk op die tafel te sit. Baie dankie aan mnre. Hennie Uys en Frans van Reenen wat die leerders hier meer touwys gemaak het.
  • Daar is ook elke dag twee ure afgestaan om die seuns se Wiskundige vaardighede te verbeter deur die wiskunde-departement.

Ons glo dat die graad 8-leerders waardevolle kennis opgedoen het waarby hulle baie baat sal vind.

2025

Jagkursus (Mnr. S. de Klerk)
Die kursus was baie suksesvol. Negentien seuns het ook die geleentheid gehad om aan ‘n springbokjag deel te neem waar elkeen suksesvol ‘n springbok geskiet het. Ons bedank graag al die instrukteurs wat die dag op die skietbaan betrokke was, asook dié wat saam op die springbokjag na Willowmore gegaan het. Dankie aan mnr. Willie Augustyn van Quenets vir hul groot bydrae tot die kursus. ‘n Spesiale dank aan mnr. Owen Poultney vir die beskikbaar stel van sy plaas, asook mnr. Eugene van der Bank vir die hantering van die jagdag.

2024

Jagkursus (Mnr. S. de Klerk)

Dit was ‘n suksesvolle kursus. Sestien seuns het die geleentheid gekry om aan ‘n springbokjag deel te neem waar elkeen suksesvol ‘n springbok geskiet het. Ons bedank graag al die instrukteurs wat betrokke was by die dag op die skietbaan, asook die wat op die springbokjag saam was na Willowmore. Dankie aan mnr. Willie Augustyn van Quenets in Worcester vir sy groot bydrae tot die kursus. ‘n Spesiale dank aan mnr. Owen Poultney vir die beskikbaarstelling van sy plaas vir die springbokjag.

2025

i) Sussex Junior Beoordelingskursus (Mnr. G. Liebenberg)
Mnre. Enrico Cronjé, Pieter Stofberg en Martin Seyfferdt het vir die eerste keer die kursus op Oakdale aangebied. Dit was ‘n baie leersame ondervinding vir die 25 seuns. Groot dank en waardering aan die Sussex Telersgenootskap vir die aanbieding hiervan.

ii) Agri Wes-Kaap (Mnr. B. Aucamp)
Vanjaar is die Agri Wes-Kaap vergaderingsprosedures-kursus aan Oakdale se graad 10- Landbouwetenskappe-leerders aangebied. Hierdie kursus het in Februarie vanjaar plaasgevind waar 29 leerders dit bygewoon het. Die leerders het meer geleer oor die samestelling en werksaamhede van Agri Wes-Kaap en georganiseerde landbou en waarom dit belangrik vir produsente is om deel van hierdie struktuur te vorm. Graag bedank ons mnr. Louis Wessels van Agri Wes-Kaap vir die interessante manier waarop hy die kursus vir die seuns aangebied het.

iii) Biologiekamp (Mnr. P. Marais)
Twintig graad 10-seuns wat Biologie as vak neem, het vanaf 2 tot 4 September 2025 die Biokamp te Grootvadersbosch, buite Heidelberg bygewoon. Die kamp is deur me. Monica Vaccaro van die Landmark Foundation, gelei. Sy is deur me. Corné Brink van Kaelvoet Consulting ondersteun, wat lesings met betrekking tot die Fynbos en Woudbome aangebied het, asook me. Jeannine Macmahon van Landmark Foundation, wat leiding met betrekking tot Luiperdgedrag en die stel van kameras, geneem het.

Seuns is touwys gemaak in natuurbewaring, herwinning, uitkenning van plant- en sleutelspesies in die ekosisteem, asook die stel van luiperdkameras. Dit alles in die bewaringsgebied van Grootvadersbosch.

Aan die einde van die kamp is die seuns geëvalueer en elkeen het ‘n sertifikaat vir deelname vanaf die Landmark Foundation ontvang. Ons bedank graag Cape Nature vir die gebruik van hul kampgeriewe te Grootvadersbosch, asook elk van ons passievolle aanbieders.

iv) Vleisbeeskursus (Mnr.T. Naudé)
Oakdale se jaarlikse vleisbeeskursus is hierdie jaar vir 23 graad 10-leerders aangebied waaronder die vleisbeesbestuur, -voeding, -siektes tot en met die slag en gradering van vleis, behandel is. Ons bedank graag mnre. Philip Terblanche, Hendrik de Waal, Thinus Viljoen, Hendré van Zyl, AJ van Wyk, John-Charles Swart en Nico Klinck vir die aanbieding van die kursus.

v) Finansiële Bestuurskursus (Mnr. P. Wessels)
Die graad 10’s se finansiële bestuurskursus is deur mnr. Johan Delport van Standard Bank aangebied. Die kursus het oor die finansiële beplanning van ‘n redelike groot boerdery, in hierdie geval ‘n suiwelplaas, gehandel. Die gebruik van toepaslike rekenaarprogramme is ondersoek en daar is prakties geoefen om hierdie state op te stel. Verskeie van die seuns het die addisionele sessies oor versekering in die landbousektor baie interessant gevind en sien uit na ‘n opvolgkursus in die komende jaar. Die kursus is leersaam, want die seuns kry te doen met begrippe en inligting rakende die finansiële verslaggewing van praktiese ondernemings wat nie deur die skoolleerplan gedek word nie.

2024

Agri Wes-Kaap (Mnr. B. Aucamp)

Vanjaar is die Agri Wes-Kaap vergaderingsprosedures-kursus aan Oakdale se graad 10 Landbouwetenskappe-leerders aangebied. Hierdie kursus het in Februarie vanjaar plaasgevind waar 37 leerders dit bygewoon het. Die leerders het meer geleer oor die samestelling en werksaamhede van Agri Wes-Kaap en georganiseerde landbou en presies waarom dit belangrik is vir produsente om deel te vorm van hierdie struktuur.

Graag bedank ons mnr. Louis Wessels van Agri Wes-Kaap vir die interessante manier waarop hy die kursus vir die seuns aangebied het. Mnr. Jannie Strydom, hoof uitvoerende amptenaar van van Agri Wes-Kaap het ook gedeeltes van die kursus aangebied. Dit was ‘n groot voorreg om hom op Oakdale te kon ontvang.

Biologiekamp (Mnr. P. Marais)

Drie-en-twintig graad 10-seuns wat Lewenswetenskappe as vak neem, het vanaf 11 tot 13 September 2024 die Biokamp te Grootvadersbosch, buite Heidelberg bygewoon.

Baie goeie leiding en ondersteuning is ook vanjaar deur die “Conservancy centre”, wat deel vorm van Grootvadersboch , gebied. Seuns word geleer en touwys gemaak in natuurbewaring, herwinning, uitkenning van plant- en sleutelspesies in die ekosisteem en die stel van luiperdkameras, dit alles in die bewaringsgebied van Grootvadersbosch.

Ons bedank graag Cape Nature vir die gebruik van hul kampgeriewe te Grootvadersbosch.

Vleisbeeskursus (Mnr.T. Naudé)

Oakdale se jaarlikse vleisbeeskursus is vir 52 graad 10-leerders aangebied, waaronder die vleisbeesbestuur, -voeding, siektes tot en met die slag en gradering van vleis, behandel is. Ons bedank graag mnre. Willie du Plessis, Adriaan Jansen, John-Charles Swart, Anton Swart, Philip Terblanche, Hendrik de Waal, Thinus Viljoen, Hendré van Zyl, Thinus van Wyk en AJ van Wyk vir die aanbieding van die kursus.

Finansiële Bestuurskursus (Mnr. P. Wessels)

Standard Bank kon ongelukkig nie die normale kursus in September aanbied nie, weens verpligtinge gedurende hierdie tydperk. In die plek daarvan het me. Somari van Niekerk ‘n interessante kursus aangebied rakende die analise van finansiële state van landbou-ondernemings in die Suid-Kaap-omgewing. Die finansiële state van SSK en die KAL Groep (Kaap Agri) is bestudeer en daar is meer geleer van die landbou-omgewing waarin ons ons bevind. Die kursus is leersaam, want die seuns kry te doen met begrippe en inligting rakende die finansiële verslaggewing van maatskappye en koöperasies wat nie deur die skoolleerplan gedek word nie.

2025

i) Wolskool (Mnr. G. Liebenberg)
Die wolklasseringskursus vir 12-leerders is gedurende Februarie en September aangebied. Groot dank aan mnre. Robert Scott en Chrisjan Oosthuizen van BKB vir die aanbieding van die kursus. Graag bedank ons BKB vir hulle jarelange betrokkenheid by die skool.

ii) Suiwelskool (Mnr. B. Aucamp)
Sewentien graad 11-leerders is vanjaar opgelei om suiwelboere te wees. Die opleiding is soos oudergewoonte, in twee dele, aangebied. Gedurende Februarie het mnr. Smiley Cronjé van Eco Lab, die kursus georganiseer. Spesialiste op elke gebied van suiwelboerdery het sy hand versterk en die seuns van die grootmaak van kalwers, melkbeesvoeding, melkbeesteling en algemene bestuur, geleer. Altesaam is sewe lesse met verteenwoordigers vanuit verskeie areas van die suiwelbeesbestuur, aangebied.

Gedurende September het mnr. Robert Bosch (CRV XSEED) die KI-kursus by Van Greunen Boerdery, naby Groot Brakrivier, aangebied. Baie moeite is gedoen om vir die leerders genoegsame oefening in die KI-proses by melkbeeste, te gee.

Graag bedank ons mnre. Smiley Cronjé vir sy entoesiasme en die koördinering van die kursus, sowel as Robert Bosch vir die moeite met ons seuns. Ander aanbieders wat betrokke was sluit in mnre. Pieter Steenkamp (boer), Willie Cronjé (Agribisi), Dawid van der Rijst (Lactalis), Christiaan Swart en Theo Nel (Microbasics, Surromel, Clover, Nukamel), asook Hanno Pretorius (Hanno Pretorius Velddienste, Delaval). Ons bedank graag Ecolab vir hul betrokkenheid by ons melkery.

iii) Groentekursus (Mnr. JB Naudé)
o Klein Karoo Saadproduksie (KKSP)
Twintig van ons graad 11-leerders het Klein Karoo Saadproduksie besoek waar leerders deur kundiges toegespreek is. Die kursusinligting het oor die proewe wat op Besemkop gedoen word, saadontvangste vanaf kliënte, asook die laboratorium gestrek. Dit was vir ons leerders noemenswaardig hoe elke lid van die span met passie oor baie kennis beskik.

o AgroFors
Die leerders het Agrofors (Klein Karoo Saadproduksie se weidingsaadkomponent) buite George besoek waar die seuns meer van weidingsgewasse, -mengsels en grond-gesondheid geleer het.

o Curativo
Die leerders het ook Curativo besoek deur hulle proewe wat op Oakdale se gronde geplant is. Ons leerders het dit baie leersaam gevind en opnuut die belangrikheid besef van Curativo se proewe, om middels te toets, wat tot plantgesondheid bydra.

Graag bedank ons Klein Karoo Saadproduksie, Agrofors en Curativo vir hulle moeite en kennis wat hulle met ons seuns gedeel het.

iv) Landbou Werkgewers Organisasie (LWO)
Die LWO-kursus is gedurende Julie op Oakdale vir 34 graad 11-Landbouwetenskappe-leerders aangebied. Die seuns het van arbeidswetgewing en die gebruik van dissiplinêre prosedures op plase geleer. Hierdie beginsels wat geleer is, is nie slegs van toepassing op landbou nie, maar in alle werksomstandighede. Graag bedank ons mnr. Meyer Louw van die LWO vir die aanbieding van die kursus.

v) BKB Skaapkursus (Mnr. B. Aucamp)
Een-en-twintig graad 11-leerders wat die vak Landboubestuurspraktyke neem, het die afgelope jaar die BKB Skaapkurus bygewoon. Die kursus was deur mnr. Giepie Calldo van BKB aangebied. Dit behels die bestuur van skape op verskeie vlakke soos voeding, reproduksie, teling en algemene bestuur.

Daar is ook geleer oor die korrekte hantering van skape deur mnr. Chrisjan Oosthuizen van BKB, oud-leerder van Oakdale. Mnr. Calldo het ook die leerders geleer om as beoordelaars vir die Merino-ras op te tree. Mnre. Calldo en Oosthuizen word bedank vir hul groot bydrae tot die skaapopleiding van ons leerders.

2024

Wolskool (Mnr. G. Liebenberg)

Die jaarlikse wolklasseringskursus gedurende Februarie en September is deur 13 graad 11- leerders bygewoon. Groot dank aan mnre. Robert Scott, Werner Olivier en Diago Kemp van BKB vir die aanbieding van die kursus. Graag bedank ons ook vir BKB vir jarelange betrokkenheid by die skool.

Suiwelskool (Mnr. B. Aucamp)

Veertien graad 11 Landboubestuurspraktyke-leerders is vanjaar opgelei om suiwelboere te wees. Die opleiding is in twee dele, soos oudergewoonte, aangebied. Gedurende Februarie het mnr. Smiley Cronje van Eco Lab die kursus georganiseer. Spesialiste op elke gebied van suiwelboerdery het sy hand versterk en die seuns van die grootmaak van kalwers, melkbees voeding, melkbees teling en algemene bestuur, geleer. Altesaam sewe lesse is aangebied met verteenwoordigers vanuit verskeie areas van die suiwelbeesbestuur.

Gedurende September het mnr. Robert Bosch (CRV XSEED) die KI-kursus in George aangebied. Baie moeite is gedoen om vir die leerders genoegsame oefening in die KI-proses by melkbeeste, te gee.

Graag bedank ons mnre. Smiley Cronjé vir sy entoesiasme en die koördinering van die kursus, sowel as Robert Bosch vir die moeite met ons seuns. Ander aanbieders wat betrokke was sluit in mnre. Pieter Steenkamp (boer), Willie Cronjé (Agribis), Dawid van der Rijst (Lactalis), Christiaan Swart en Jeanette Herrmann (Microbasics, Surromel, Clover, Nukamel), asook Hanno Pretorius (Hanno Pretorius Velddienste, Delaval). Ons bedank ook oudleerling, Juan Turck, vir die borg van pette aan ons leerders vir die suiwelweek en Ecolab se betrokkenheid by ons melkery.

Groentekursus (Mnr. JB Naudé)

Die graad 11-Biologie leerders was bevoorreg om vanjaar weer deel van die groentekursus te kon wees. Die kursus bestaan uit saad- en plantvermeerdering, asook saadproduksie.

Ons het ‘n besoek aan Klein Karoo Saadproduksie se plaas, Besemkop buite Calitzdorp afgelê waar mnr. Nico Minnie sy kennis rondom saadproduksie met die seuns gedeel het. Die seuns kon sien hoe intense proewe en saadvermeerdering deur hulle gedoen word.

Leerders was bevoorreg om die jaar vir R&S Tissue Culture Laboraties in Riversdal te besoek. Saska Roeleveld het haar kennis met die seuns gedeel oor hoe hulle groeipunte uit moederplante haal om plantvermeerdering van verskillende gewasse te doen, onder andere aarbeie, bloubessies en artisjokke.

Landbou Werkgewers Organisasie (LWO)

Vanjaar is die LWO-kursus weereens op Oakdale vir die graad 11-Landbouwetenskappe-leerders aangebied. Hierdie kursus het in Julie vanjaar plaasgevind en 41 leerders het dit bygewoon. Die seuns het geleer van arbeidswetgewing en die gebruik van dissiplinêre prosedures op plase. Die aanbieder het die lesings vir die leerders interessant gemaak deur  voorbeelde van aktuele sake ter verduideliking te gebruik. Graag bedank ons mnr. Meyer Louw van die LWO vir die aanbieding van die kursus.

Standard Bank en spesifiek hul landbou-afdeling, het ‘n unieke produk vir Oakdale ontwikkel. Gedurende die eerste kwartaal is die kursus vir die graad 11’s aangebied. Die kursus is deur mnr. Regardt Strauss van Standard Bank ontwikkel en hy het dit ook self aangebied. Die verskillende modules van die kursus sluit in: Landboufinansiering en krediet, ontleding en interpretasie van besigheidsrisiko’s in landbou, interpretasie van finansiële risiko’s in landbou, kontantvloei en die begroting vir kontant en gelykbreek-analise. Die kursus is afgesluit met ‘n praktiese gevallestudie. Die Oakdale-bulle het dit baie leersaam gevind en daar word uitgesien na nuwe ontwikkelings in hierdie kursus in 2025.

SWASA Skaapkursus (Mnr. B. Aucamp)

Agtien graad 11-leerders in Landboubestuurspraktyk het die afgelope jaar ‘n nuwe kursus bygewoon wat deur mnr. Giepie Calldo van BKB aangebied is. Die SWASA-modules behels die bestuur van skape op verskeie vlakke soos voeding, reproduksie, teling en algemene bestuur.

Die hantering van skape is deur mnr. Thinus van Schalkwyk van BKB aan die leerders as praktiese komponent aangebied. Daar is ook ‘n intree blootstellingstudentekursus oor Merino-beoordeling in die kursus ingewerk. Mnre. Giepie Calldo en Thinus van Schalkwyk word bedank vir hul groot bydrae tot die skaapopleiding van ons leerders.

Geen kursus word aangebied nie.

Graad 8

Graad 9

Graad 10

Graad 11

Graad 12

Geen kursus word aangebied nie.