2025

Die ATKV-redenaars se eerste uitdunne het op 3 Mei 2025 by Laerskool George-Suid plaasgevind.

Die volgende leerders deelgeneem:

Graad 9:           Malan van Aardt (Onvoorbereid)

Graad 10:         Duan Rautenbach (Voorbereid)

Voorbereide afdeling temas:

Graad 8 en 9 Afrikaans Huistaal en Afrikaans Addisionele Taal (voorbereid)

  • Klatergoud
  • Vergelyk
  • Mengelmoes

Graad 10 tot 12 Afrikaans Huistaal en Afrikaans Addisionele Taal (voorbereid)

  • Debakel
  • Agenda
  • Wentelbaan

Malan en Duan het na die tweede ronde, wat by Hoërskool Nico Malan op 31 Mei 2025 plaasgevind het, deurgedring.

Aanvanklik was daar 6 seuns wat ingeskryf het, maar ander verpligtinge het veroorsaak dat hulle onttrek het. Ons is baie trots op Malan en Duan en hoop dat meer leerders volgende jaar sal kan deelneem.

Redenaars

2024

Die ATKV redenaars se eerste uitdunne het op 25 April 2024 by Hoërskool Punt in Mosselbaai plaasgevind. Die volgende leerders het aan die voorbereide afdeling deelgeneem:

 

Graad 8:Malan van Aardt
Graad 9:Marno Meyer, Alwyn Herbst, Duan Rautenbach
Graad 10:Franko van der Westhuizen

 

Voorbereide afdeling temas:

Juniors graad 8 & 9       :         Kantlyn / Meulsteen / Boekmerk

Seniors graad 10-12      :         Metafoor / Visie / Paradoks

Marno Meyer het na die tweede ronde, wat by Hoërskool Framesby op 11 Mei 2024 plaasgevind het, deurgedring. Ons is baie trots op elke seun wat deelgeneem het en sien uit na volgende jaar se deelname aan die ATKV redenaars.

Redenaars