Nie minder nie as honderd-en-negentien leerders het gedurende die jaar provinsiale- en nasionale kleure op sportgebied verwerf. Die skool bied tans 12 sportsoorte aan.
Die leerders is tydens die sporterkenningsgeleentheid vereer. Die hoogtepunt van die aand was die oorhandiging van nasionale kleure aan elf leerders. Hierdie Oakdalers se ouers is die geleentheid gebied om hul nasionale kleurbaadjie vir hulle seuns aan te trek.
Oakdale is trots op die puik sportprestasies, maar het veral groot waardering vir die passie en genot waarmee die Bulle aan sportaktiwiteite deelneem. Op Oakdale maak die bydraes van elke leerder die verskil – hier is elkeen ʼn wenner!