2025
Oakdale se gholfspelers het hierdie jaar ‘n baie goeie jaar op die gholfbaan beleef. Hulle het in meeste van die tyd bo die ander skole uitgestyg en het slegs in twee van hulle gholfspelle vasgeval.
Oakdale se interskolespan het vanjaar uit 24 spelers bestaan. Die eerstespan het Boland Landbou 6 – 0 geklop en was ook die algehele wenners van die dag.
Jean-Prieur du Plessis, ‘n graad 8-leerder, het die Provinsiale-span gehaal en ook volkleure verwerf. Hy het baie goed op provinsiale vlak presteer.
2025 was ‘n baie goeie jaar vir Oakdale-gholf. Ons hou vanjaar reeds proewe vir die 2026-groep en sien baie uit na wat hulle gaan oplewer!








