2025
Die tweekampatlete het die 2024/2025-seisoen baie goed afgeskop. Die eerste Eden-proewe van die seisoen het op 15 Oktober 2024, in Oudtshoorn plaasgevind en 18 seuns het deelgeneem. Nege atlete het gekwalifiseer om op 26 Oktober 2024, in Highgate Eden-spanne in Gqeberha aan die Oostelike Provinsie IP-byeenkoms deel te neem. Die atlete is (o. 17) – Christiaan Oosthuizen, Marno Meyer, Rosou Rossouw, Stiaan Pool, Bennie van der Linde, Delino de Abreu en (o. 19) – Adriaan Albertyn en Joshua Bienedell.
Op 21 Januarie het een-en-twingtig atlete aan die High Gate Eden-proewe deelgeneem. Hierna het elf atlete in verskillende Eden-spanne aan die Highgate Interprovinsiale byeenkoms in Oudsthoorn deelgeneem. Ten spyte van die ongelooflike hitte tydens die byeenkoms, het die meeste ‘n persoonlike beste tyd behaal.
Oakdale het gedurende die seisoen ligabyeenkomste in Mosselbaai, George en Oudshoorn bygewoon.
Die SA Tweekamp-byeenkoms het op 21 – 22 Maart 2025 in Oudtshoorn plaasgevind. Vier atlete het as deel van die Eden-span deelgeneem.
Die uitslae is as volg:
2016 – 17: Andrew Jonker (2016.18), Joseph van der Merwe (2010.72)
2017 – 19: Jaco de Wet (2021.15), Stephan Meintjés (2004.81)
Graag bedank ek me. Adele de Swardt en mnr. Stefan de Klerk vir afrigting gedurende die seisoen, mnr. Michaels vir die vervoer van leerders, asook die koshuispersoneel vir die atlete se heerlike kospakkies. Ons sien uit na die 2025/2026-seisoen.





