2025

Die suiwelafdeling is die skool se grootste bedryfsvertakking. Ons streef daarna om tegnologie in te span om winsgewend en effektief die liters te laat vloei. Hierdie vertakking speel ‘n belangrike rol in die landbou-opleiding van ons leerders.

Tydens Jersey SA en Meadow-Feed se Modelkudde-kompetisie by NAMPO Kaap, het die suiwelafdeling weer ‘n toekenning verwerf. Baie geluk aan mnr. Hennie Uys en sy span met hierdie pragtige prestasie.

Die suiwelafdeling melk tans 410 koeie met ‘n stalgemiddeld van 20,7 liter per koei.
Statistiek: Bottervet 4,72%
Proteïen 3,70%
Melkprys R7,95

Ongeveer 720 ton mieliekuilvoer en 380 ton hawerkuilvoer is gemaak. Die seisoen het prentjiemooi begin, maar min reën gedurende Augustus en September het ons hawerkuilvoer en pitbale erg geknou. Stygende insetkoste bly steeds ons grootste uitdaging, maar word met harde werk en entoesiasme geabsorbeer.

2024

Die suiwelafdeling is die skool se grootste bedryfsvertakking en word effektief en winsgewend bestuur. Hierdie vertakking speel ‘n belangrike rol in landbou-opleiding van ons leerders. Tydens die afgelope Nasionale Elite toekenningsgeleentheid van SA Stamboek, het die suiwelafdeling ‘n Platinum-toekenning verwerf. Oakdale is ook die eerste skool wat die gesogde toekenning verwerf met ‘n algehele 3de plek.

Graag wens ons vir Mnr. Hennie Uys en die melkstal-span geluk met die toekening wat hulle verwerf het. Oakdale se kudde is tydens die Jersey SA & Meadow Feeds Modelkudde Kompetisie tydens NAMPO Kaap as een van die Top 5 Kuddes in Suid-Afrika. Ons is trots op julle met hierdie pragtige prestasie.

Die suiwelafdeling melk tans 430 koeie met ‘n stalgemiddeld van 19,5 liter per koei.

Statistiek: 
Bottervet 4,68%
Proteïen 3,68%
Melkprys R7,96

Ongeveer 700 ton mieliekuilvoer is gemaak en die grootste deel van die benodigde hawerkuilvoer en Pitbale is op Sunrise en Windheuwel geproduseer. Ons is baie geseën met genoegsame reën tydens die 2024-produksiejaar. Stygende insetkoste is met harde werk en entoesiasme geabsorbeer.