2025
Vanjaar het die tuine-projek van Oakdale se graad 9 leerders uitstekende produkte opgelewer. Leerders het vanjaar a.g.v. hoë onkruidpopulasie seile oor die grond getrek en daarin geplant om onkruid te onderdruk. Daar is besluit om vanjaar spinasie, groenbone en beet aan te plant. Elke leerder het sy saad, kunsmis en ‘n volledige handleiding ontvang oor die produksie van die groentesoorte.
Die graad 10-LBP-leerders het vanjaar uie geplant en elke leerder was verantwoordelik om saailinge uit te plant. Vanjaar het die leerders proewe gedoen met organiese en chemiese kunsmis op bol produksie.
Graag word mnr. Nico Minnie van Klein Karoo Saadproduksie bedank vir die borg van saad en ander toerusting, asook die bystand met vrae van ons seuns tydens die produksieproses.






































