0/18 Cravenweek
0/18 Akademieweek
0/16 Grant Khomo
2025
Op die veld met 21 kompeterende spanne, groei rugby nog steeds op die plaas en kompeteer ons teen die beste in die land. Met die 44ste Oakdale-rugbyweek, waarby 32 spanne deelgeneem het, bly dit ‘n gesogte geleentheid op die skole se rugbydatumlys. Die o. 14A-, o. 15A- en o. 16-spanne neem aan onderskeidelik die o. 14-Kwagga-rugbyweek, Paarl Bois High Frans Malherbe o. 15-rugbyweek en die Paarl Gimnasium Jean de Villiers o. 16-rugbyweek deel en weereens wys dit dat Oakdale ‘n krag in Suid-Afrikaanse skole-rugby is.
Wat die seisoen betref, was dit ‘n jaar vol hoogte-, sowel as laagtepunte. Die seisoen het in Desember begin met deelname aan die Global Schools in Bloemfontein. Dit was ‘n goeie begin vir die opkomende eerstespan om hulle spelers die kans te gun om hulle ritme en spankeuses uit te sorteer. Die 1ste XV het Oakdale se naam met trots tydens hul deelname aan die gesogte Wildeklawer top 20-skoletoernooi in Kimberley, asook die Noord-Suid-toernooi in Stellenbosch, gedra en ‘n baie goeie seisoen beleef en word in die top 5 vanjaar in Suid-Afrika gelys.
Oakdale was ook goed in die onderskeie SWD-spanne by nasionale toernooie verteenwoordig. Dertien spelers, naamlik Kai Pratt, Diaan Augustyn, Rico Ferreira , Jannes Snyman (kaptein), Lee-Winn Pretorius, Liam Lightley, Reinhart Viljoen, Sine Mdlankomo, Jandrian Goosen, Christian Vorster, Francois le Roux, Thyrese Plaatjies en Anrich Scheffer het SWD by die Cravenweek in Middelburg verteenwoordig.
Tien spelers, naamlik Kyle Burger, Adrian Smith, CT Vosloo, Zivan Grobbelaar, Jean Coetzee, Liam van den Berg, Wayne Ganniwa, André van der Merwe, Kane du Plessis en Caleb Williams is in die SWD o. 18-Akademieweek-span opgeneem.
Vier spelers, naamlik Luan Mortlock, Dorian de Wee, Jacques Lötter en Marky Kortje was in die SWD o. 16-Grant Khomo-span, opgeneem.
Ses spelers word ook in die SA Skole A-span opgeneem wat gespeel het teen die Engeland/Frankryk en Ierland SA o.18: Kai Pratt, Jacobus de Villiers en Christiaan Vorster, SA o.18A Reinhart Viljoen, Diaan Augustyn en Liam Lightley. Mnr. Adriaan Jansen word as kondisioneerder vir die SA Skole A-span aangewys.
Die durf, moed en veg tot die eindfluitjie blaas, was weereens ‘n groot kenmerk op die veld. Die dirigente se aandeel langs die veld moet vermelding kry.
Ons afrigters was van uitstaande gehalte en baie lof kom hul toe vir die lang ure, opoffering en positiewe gesindheid waarmee hulle die rugby aangepak het. Groot dank aan ouers en ondersteuners wat agter die spanne, vir ondersteuning, aangery het. Sonder borge kan skolesport nie funksioneer nie, dankie aan elkeen wat by die Oakdale-spanne betrokke was.
Die volgende personeel word bedank vir bydraes gelewer:
- Mnr. Ernie Durrheim – SWD o. 16-keurder/kondisioneerder en SWD 7’s afrigter
- Mnr. Malan du Plessis – SWD o. 18-keurder en SWD Hoërskole Ondervoorsitter
- Mnr. JB Naudé – Afrigter SWD o. 18-Akademie-span
- Mnr. Adriaan Jansen – Afrigter SWD o. 18-Cravenweek-span en kondisioneerder SA Skole “A”
7’s Rugby
Die Blitsbulle soos hulle bekend staan, wys hulle staal in verskeie toernooie. Die o. 17-span vorder tot semi-finaal in die Humansdorp uitnodiging-toernooi en maak ‘n groot merk by die Marius Schoeman 7’s-toernooi in die Paarl. Sewe spelers word in die o. 17-SWD-span vir die nasionale toernooi in Worcester gedurende die September vakansie ingesluit, naamlik Dylan Jordaan, Kane du Plessis, Mark-Hein Fourie, Myburgh Eksteen, Liam van den Berg, Caleb Williams en Bernard Badenhorst. Dankie aan die afrigters vir hulle tyd en opoffering om in toernooie te gaan speel.
2024
Op die veld met 20 kompeterende spanne, groei rugby nog steeds op die plaas en kompeteer ons teen die beste in die land. Met die 43ste Oakdale-rugbyweek, waarby 30 spanne deelgeneem het, bly dit ‘n gesogte geleentheid op die skole se rugby-datumlys. Die o. 14A/B-, o. 15A- en o. 16A-spanne neem aan onderskeidelik die o. 14-Grey Kollege-rugbyweek, Paarl Bois High Frans Malherbe o. 15-rugbyweek en die Paarl Gimnasium Jean de Villiers o. 16-rugbyweek deel en weereens wys dit dat Oakdale ‘n krag in Suid-Afrikaanse skolerugby is.
Wat die seisoen betref, was dit ‘n jaar vol hoogte-, sowel as laagtepunte. Die seisoen het reeds in Desember begin met deelname aan die World Schools Tournament in Thailand. Dit was ‘n hoogtepunt waar Oakdale vir die eerste keer in 16 jaar met rugby in die buiteland getoer het. Die 1ste XV het Oakdale se naam met trots uitgedra tydens hul deelname aan die gesogte Wildeklawer top 20-skoletoernooi in Kimberley, asook die Noord-Suid-toernooi in Pretoria. Ons het ‘n baie goeie seisoen beleef. ‘n Weg Interskole-wen teen Boland Landbou is ook behaal. Die o. 19A- en o. 16A-spanne is as SWD-ligawenners gekroon.
Oakdale was ook goed in die onderskeie SWD-spanne by nasionale-toernooie verteenwoordig. Elf spelers, naamlik Kai Pratt, Gustav van der Merwe, Tiaan Turck, Erick Steyn, Lee-Winn Pretorius, Kurt Coetzee, Reinhart Viljoen, Sine Mdlankomo, Migail Barnard, Waylon Kortjie en Ruan Swart, het SWD by die Cravenweek in Johannesburg verteenwoordig.
Ses spelers, , is in die SWD o. 18-Akademieweek-span opgeneem, naamlik Zack Wessels, Jandrian Goosen, CT Vosloo, Christian Vorster, Rayline Alberts en Tyrese Plaatjies.
Tien spelers, naamlik Kyle Burger, Adrian Smith, Diaan Augustyn, Bernard Badenhorst, Jacobus de Villiers, Caleb Williams, Myburgh Eksteen, Henco Vermeulen, Mark-Hein Fourie en Nathan-Lee Gordon was in die SWD o. 16-Grant Khomo-span, opgeneem.
Kurt Coetzee was ook in die SA Skole A-span opgeneem wat teen die SA Skole-span en Georgië gespeel het. Mnr. Adriaan Jansen is as kondisioneerder-afrigter van hierdie span aangewys.
Die durf, moed en veg tot die eindfluitjie blaas was weereens ‘n groot kenmerk op die veld. Die dirigente se aandeel langs die veld moet vermelding kry.
Ons afrigters was van hoogstaande gehalte en baie lof kom hul toe vir die lang ure, opoffering en positiewe gesindheid waarmee hulle die rugbyseisoen aangepak het. Groot dank aan ouers en ondersteuners wat agter die spanne, vir ondersteuning, aangery het. Sonder borge kan skolesport nie funksioneer nie. Dankie aan elkeen wat by die Oakdale-spanne betrokke was.































































