DIGITALE PLATFORM
Hierdie Oakdale-tydskrif is ‘n bron van rubrieke en stories geskryf deur die seuns, vir die seuns. Dit is interessant geskryf en gestel soos dit is. Dit getuig van goeie smaak en handel oor onderwerpe wat na is aan ‘n Oakdaler se hart. Vanjaar het drie uitgawes onder die redakteur, Luan Serfontein (graad 11) reeds die lig gesien. Die redaksie is oorspronklik en het reeds die Plaaslik as deel van die Oakdale-karakter gevestig. Drie matrieks: Kéan Enslin, Lodewyk Esterhuizen en Albertus van As, se tyd as redaksielede het tot ‘n einde gekom. Ons sê vir hulle baie dankie vir hul jarelange betrokkenheid.