DIGITALE PLATFORM
Hierdie Oakdale-tydskrif is ‘n bron van rubrieke en stories geskryf deur die seuns, vir die seuns. Die Plaaslik is sedert 2018 deel van die Oakdale-kultuur. Dit is interessant geskryf en gestel soos dit is. Dit getuig van goeie smaak en handel oor onderwerpe wat na aan ‘n Oakdaler se hart is. Vanjaar het drie uitgawes onder die redakteur, Luan Serfontein (graad 12) reeds die lig gesien. ‘n Besonderse woord van dank aan Luan wat reeds sedert sy graad 9-jaar as redakteur van die Plaaslik dien en hierdie jaar die tuig neerlê. Vier matrieks: Luan Serfontein, Bernard Erasmus, JJ Pfaff en Daniël du Preez se tyd as redaksielede het tot ‘n einde gekom. Ons bedank hul graag vir hul jarelange betrokkenheid.
























