Atletiekafrigting is van ‘n baie hoë standaard en atlete word vanaf September tot April aan verskeie byeenkomste blootgestel. Die binnenshuise tartanbaan dien vir spoed-, ver- en driesprongoefeninge.
2025 Seisoen
Kleure-atletiek
Tydens die kleure-atletiekbyeenkoms op Maandag, 20 Januarie 2025, het die Oakdalers hul spanmaats in goeie gees tot pragtige atletiekprestasies aangemoedig en het die Blou- en Rooispan mekaar behoorlik die stryd aangesê.
Die uitslae is as volg:
Beste baan-atleet:
- 14 Luan Augustyn
- 15 Andrew Jonker en Christiaan Oosthuizen
- 17 Jadrean Prins
- 19 Wayne Ganniwa Beste veld-atleet:
- 14 Juann Muller
- 15 Luan Faber
- 17 Diaan Augustyn
- 19 EW Maritz
Nuwe rekords:
- 14 100mH CB Strydom 15.6s
- 14 300mH CB Strydom 44.3s
- 14 400m Luan Augustyn 53.35s
- 14 200m Luan Augustyn 24.8s
- 14 Hamergooi Juann Muller 31.54m
- 15 3000m Christiaan Oosthuizen 10:02.56
- 17 100m Nathan-Lee Gordon 11.2s
- 17 110mH Mark-Hein Fourie 15.3s
- 17 400m Jadrean Prins 50.6s
Die Junior Victor Ludorum het aan Luan Faber gegaan, terwyl Reinhart Viljoen met die Senior Victor Ludorum-toekenning weggestap het. Vanjaar het die Blouspan gewys dat hulle voorwaar GEES het, terwyl hulle ook vir die sesde agtereenvolgende jaar met ‘n puntetotaal van 716 as oorwinnaars uit die stryd getree het.
Boys High Topseuns-byeenkoms
Op 31 Januarie 2025 het 63 van ons top atlete in die Paarl deelgeneem. Die standaard van die byeenkoms was baie goed en ons atlete het gewys dat ons teen die bestes kan kompeteer. Elke atleet het geveg tot die einde om sy beste tyd of afstand te behaal.
Top Boys byeenkoms uitslae
1ste plekke
- Jadrean Prins 400m
- Andrew Jonker 800m
- CB Strydom 100m Hekkies
- Fourie Kotzee Gewigstoot
- Diaan Augustyn Gewigstoot
- EW Maritz Diskus, Spiesgooi
- Lihan Lategan Spiesgooi
2de Plekke
- Luan Augustyn 400m
- Lian Otto 1500m
- Christiaan Oosthuizen 1500m
- CB Strydom 300m Hekkies
- Daniël Compaan Verspring
- Delano Jv Rensburg Driesprong
- Luan Faber Gewigstoot, Diskus
- Juann Muller Diskus
- Zivan Grobbelaar Diskus
- Seuns o. 14 Aflos
- Seuns o. 17 Aflos
3de plekke
- Nathan-Lee Gordon 100m
- Ghiloume Lehman 200m
- Andrew Jonker 200m
- Mark-Hein Fourie 110m Hekkies
- André Van der Merwe Driesprong
- Fourie Kotzee Diskus
- Seuns o. 15 Aflos
Hessequastreek-byeenkoms
Op 11 Februarie 2025 het die Hessequa-streeksbyeenkoms op Riverville plaasgevind. Nege-en-veertig van Oakdale se atlete het deelgeneem en vir 22 eerste plekke, 19 tweede plekke en 13 derde plekke gesorg. Drie-en-dertig van ons seuns is in die Hessequa-span vir die SWD-kampioenskappe ingesluit.
Curro Podium Super Schools
Op 8 Februarie 2025 het veertien van ons top atlete aan die jaarlikse Curro Podium Super Schools byeenkoms by die Pilditch Stadion in Pretoria deelgeneem. Die gesogte byeenkomste bestaan uit 62 skole en meer as 1 400 van die land se beste atlete, sowel as wêreldklas atlete soos Akani Simbine, Walaza Bayanda en Letsile Tebogo wat hulle voor-seisoen wedlope by die byeenkoms hardloop.
Ons Oakdale-atlete het hulle weer uitstekend van hulle taak gekwyt deur uitsonderlike prestasies te behaal. Oakdale se o. 19 4x100m aflos (Mark-Hein Fourie, Jadrean Prins, Wayne Ganniwa en Nathan-Lee Gordon) was die hoogtepunt van die dag en het ‘n vyfde plek met ‘n nuwe Oakdale- rekord van 42,7s behaal.
Die standaard van die byeenkoms verbeter jaarliks. Oakdale het vanjaar in die 21ste plek met vyftig seuns-spanne geëindig met ‘n totaal van 17 993 punte (17 860 in 2024).
Eden Atletiek Kampioenskappe
Op 27 en 28 Februarie 2025 het drie-en-dertig van ons atlete aan die Eden-Kampioenskappe in Oudtshoorn deelgeneem. Ons atlete het baie goed gevaar en die volgende uitslae is behaal:
- Ajay Taute – 2de diskus
- Andrew Jonker – 3de 800m
- Cameron Botha – 2de 300m H, 1ste 400m
- CB Strydom – 1ste 100m H, 1ste 300m H
- Christiaan Oosthuizen – 2de 3000m
- Daniël Compaan – 2de 300m H
- Delano Janse van Rensburg – 2de Hoogspring, 1ste Driesprong
- EW Maritz – 1ste Spiesgooi, 1ste Diskus
- Fourie Kotzee – 1ste Gewigstoot, 3de Diskus
- Ghiloume Lehman – 1ste 200m, 2de 100m
- Ian Rautenbach – 3de Driesprong
- Jadrean Prins – 1ste 400m
- Jason Nel – 3de Spiesgooi
- Jordan Walters – 2de Hamergooi
- Juann Muller – 1ste Diskus, 1ste Hamergooi Le Thugqin Campher – 2de 100m
- Lihan Lategan – 1ste Spiesgooi
- Luan Faber – 1ste Gewigstoot, 1ste Diskus
- Luan Augustyn – 1ste 400m, 1ste 800m
- Ludwig Odendaal – 3de Diskus
- Neil Bloem – 2de Driesprong
- Neil Meyer – 3de Spiesgooi
- Neillan Buis – 1ste Driesprong
- Nicholis Fourie – 2de Gewigstoot
- Zach Olivier – 1ste Spiesgooi, 2de Diskus
- Bennie Van der Linde – 1ste 5000 Stap
- Janco Botha – 2de Driesprong
- Tiaan Siecker – 2de 10 000 Stap
- Pieter Du Plessis – 1ste 5000 Stap
- Marno Meyer – 3de Driesprong
- Gus Vorster – 2de Hamergooi
Wes-Kaap Atletiek Kampioenskappe
Op 14 en 15 Maart 2025 het sestien van ons atlete aan die Wes-Kaap kampioenskappe in die Paarl deelgeneem. Die volgende prestasies is behaal:
- Pieter Du Plessis – 1ste 5000m Stap
- Delano Janse van Rensburg – 4de Driesprong
- Luan Faber – 1ste Gewigstoot, 4de Diskus
- Luan Augustyn – 1ste 400m, 3de 800m EW Maritz – 2de Diskus, 2de Spiesgooi
- Zach Olivier – 3de Spiesgooi
- Jadrean Prins – 4de 400m
- Lihan Lategan – 1ste Spiesgooi
ASA Nasionale Kampioenskappe
Jadrean Prins, Juann Muller en Andrew Jonker het aan die ASA-kampioenskappe in Kaapstad deelgeneem en Oakdale se naam hoog gehou.
Die uitslae is as volg:
- Juann Muller – 7de Hamergooi
- Andrew Jonker – 11de 800m, 8ste 200m
- Jadrean Prins – 7de 400m
SA Skole-Kampioenskappe
Luan Faber het op 2 – 5 April 2025 in Bloemfontein deelgeneem. Na ‘n lang seisoen met baie harde werk het hy ‘n 9de plek in gewigstoot verower.
2024 Seisoen
Atletiek – 2024 – Atlete – Superschool, Atlete – SWD Atletiekspan, Atlete – SA
Boys High Topseuns-byeenkoms
Op 26 Januarie 2024 het 61 van ons top atlete in die Paarl deelgeneem. Die standaard van die byeenkoms was baie goed en ons atlete het gewys dat ons teen die bestes kan kompeteer. Elke atleet het geveg tot die einde om sy beste tyd of afstand te behaal. Ons het aan die einde ‘n vierde plek behaal en daarby vir Boland Landbou met 91 punte geklop.
Uitslae is as volg:
- Duraan Janse van Rensburg – 1ste 400mH, 57.7s
- Luan Faber – 1ste gewigstoot 12.37m en 2de in diskus 39.75m
- Mich van Eden – 1ste 3000m, 10:31.50s
- Frederik van Dyk – 1ste driesprong 12.94m en 2de spiesgooi 55.92m
- Ulrich van Dyk -1ste spiesgooi, 45.10m
Kleure-atletiek
Tydens die kleure-atletiekbyeenkoms op 22 Januarie 2024 het die Oakdalers hul spanmaats in goeie gees aangemoedig tot pragtige atletiekprestasies op die veld, asook op die baan.
Twee uitsonderlike prestasies:
- Duraan Janse van Rensburg het N. Swart se 400m hekkie-rekord, wat al vir 24 jaar staan, met 2 sekondes met ‘n tyd van 57.4s verbeter.
- Christiaan Oosthuizen het die S o. 14 1500m rekord met ‘n tyd van 4:56.83 verbeter.
Die uitslae is as volg:
Seuns 14 jaar:
- Beste baanatleet: LC Eksteen
- Beste veldatleet: Luan Faber
Seuns 15 jaar:
- Beste baanatleet: Gerrit Janse van Rensburg
- Beste veldatleet: Devan Craig
Seuns 17 jaar:
- Beste baanatleet: Nathan-Lee Gordon
- Beste veldatleet: Reinhart Viljoen
Seuns 19 jaar:
- Beste baanatleet: Duraan Janse van Rensburg
- Beste veldatleet: Kurt Coetzee
Die Junior Victor Ludorum is aan Gerrit Janse van Rensburg toegeken, terwyl Nathan-Lee Gordon met die Senior Victor Ludorum-toekenning weggestap het. Vanjaar het die Rooispan gewys dat hulle voorwaar GEES het, terwyl die Blouspan vir vyf agtereenvolgende jare met ‘n puntetotaal van 711 as oorwinnaars uit die stryd getree het.
Hessequastreek-byeenkoms
Op 13 Februarie 2024 is die Hessequa-streekbyeenkoms op Riverville gehou. 51 van Oakdale se atlete het deelgeneem en gesorg vir 18 eerste plekke, 19 tweede plekke en 14 derde plekke. Vyf-en-dertig van ons seuns is in die Hessequa-span vir die SWD-kampioenskappe ingesluit.
Curro Podium Super Schools
Op 17 Februarie 2024 het veertien van ons top atlete aan die jaarlikse Curro Podium Super Schools byeenkoms by die Pilditch Stadion in Pretoria deelgeneem. Die gesogte byeenkomste bestaan uit meer as 1 400 van die land se beste atlete, sowel as wêreldklas atlete soos Akani Simbine en Letsile Tebogo wat hulle voor-seisoen wedlope by die byeenkoms hardloop.
Ons Oakdale-atlete het hulle weer uitstekend van hulle taak gekwyt deur uitsonderlike prestasies te behaal:
- Jadrean Prins (o. 16) – 1ste in die 400m, Seuns o. 17 (tyd – 47.35s)
- Frederik van Dyk – 2de in driesprong, Seuns o. 17 (afstand – 13.05m)
- Duraan Janse van Rensburg – 4de in 400m hekkies, Seuns o. 19 (tyd – 54.86s)
Die standaard van die byeenkoms verbeter jaarliks. Oakdale het dié jaar in die 15de plek met 37 seunsspanne geëindig met ‘n totaal van 17 860 punte (13 300 in 2023) wat meer is as die wenskool van 2023.
Uitslae as volg:
- Jadrean Prins – 1ste 400m, 8ste uit 54 (200m)
- Mark-Hein Fourie – 14de uit 24 110m hekkies
- Duraan Janse van Rensburg – 4de 400m hekkies en 13de uit 24 (400m)
- Rayline Alberts – 6de verspring
- Frederik van Dyk – 2de driesprong en 6de spiesgooi
- EW Maritz – 10de spiesgooi
- Nathan-Lee Gordon – 14de uit 54 200m en 16de uit 39 100m
- Mark-Hein Fourie, Rayline Alberts, Wayne Ganniwa en Nathan-Lee Gordon 7de uit 17 in 4x100m aflos
- Mark-Hein Fourie (100m), Nathan-Lee Gordon (200m), Duraan Janse van Rensburg (300m) en Jadrean Prins (400m) 3de uit 21 medley-aflos spanne.
Eden Atletiek Kampioenskappe
Op 16 en 17 Februarie 2024 het twaalf van ons atlete aan die Eden-Kampioenskappe in Oudtshoorn gaan deelneem. Ons atlete het baie goed gevaar en die volgende uitslae is behaal:
- Cameron Botha – 1ste 400m, 2de 100m hekkies, 1ste 300m hekkies
- Joseph van der Merwe – 2de 400m
- Christiaan Oosthuizen – 4de 1500m
- Dirk Swart – 5de 100m hekkies, 4de 300m hekkies
- Delano Janse van Rensburg – 2de hoogspring
- Aäron Flannigan – 3de hoogspring
- Ludwig Odendaal – 1ste diskus
- Zach Olivier – 1ste spiesgooi
- Albert Myburgh – 4de spiesgooi
- Ulrich van Dyk – 1ste spiesgooi
- Bennie van der Linde – 1ste 5km stap
- Tiaan Siecker – 1ste 10km stap
Wes-Kaap Atletiek Kampioenskappe
Op 15 en 16 Maart 2024 het 11 van ons atlete aan die Wes-Kaap kampioenskappe in die Paarl deelgeneem. Die volgende prestasies is behaal:
- Bennie van der Linde – 6de 5km stap
- Duraan Janse van Rensburg – 4de 400m Hekkies
- Aaron Flannigan – 8ste hoogspring
- Frederik van Dyk – 3de driesprong en 6de spiesgooi
- Zack Olivier – 8ste spiesgooi
- Mark-Hein Fourie – 5de 110m hekkies
- Jadrean Prins – 2de 400m
ASA Nasionale Kampioenskappe
Jadrean Prins het aan die ASA kampioenskappe in Pretoria deelgeneem en het ‘n 4de plek in die 400m seuns o. 17 behaal. Jadrean het sy uitdun, semi-finaal en finaal onder 48,5s gehardloop.
SA Skole Kampioenskappe
Jadrean Prins het ook op 4 en 5 April 2024 in die Paarl deelgeneem. Na ‘n lang seisoen met baie harde werk is hy met ‘n silwermedalje in 400m vir seuns o. 17 by die SA’s beloon.

































