2025
Hierdie uiters entoesiastiese groep ouers vanuit die George-, Oudtshoorn-, Mosselbaai- en Knysna-omgewing het vanjaar die jaarlikse Oakdale-golfdag op 16 Mei 2025 in Mosselbaai aangebied en die jaarlikse Skuurdans by die 4 Brothers-lokaal naby George word op 24 Oktober 2025 aangebied.
Oakdale-ouers van die George-, Oudtshoorn-, Mosselbaai- en Knysna-omgewing word uitgenooi om by hierdie groep entoesiastiese ouers in te skakel en betrokke te raak.
Die jaarlikse dans in die 4 Brothers-skuur op George is die tweede projek wat die ondersteunersklub aanbied. Die gewilde dans lok jaarliks ongeveer 600 gaste en is seker tans een van die grootse sosiale geleenthede in die George-omgewing. Lancewood Holdings was by verskeie geleenthede al die hoofborg van die geleentheid. Die dans word veral baie goed ondersteun deur die gemeenskap van die Suid-Kaap.
Nog ‘n projek op die Ondersteunersklub se kerfstok is ‘n jaarlikse Gholfdag waarna menige gholf-entoesias uitsien.
Oakdale het groot waardering vir hierdie groep entoesiastiese groep ouers wat ‘n toonbeeld is van hoë doelwitstelling. Hul deelname en optrede getuig van absolute lojaliteit en liefde vir die skool en sy leerders. Die skool is baie trots op hulle, asook baie dankbaar vir hul harde werk en toewyding.



































































































