Jeugskou word as sportsoort op Oakdale aangebied en gee aan leerders die geleentheid om hul liefde vir diere, asook hanteringsvaardighede op tasbare wyse uit te stal. Leerders neem vanaf graad 8 deel aan Jeugskoukompetisies waarna hulle kan kwalifiseer vir die Wes-Kaapkampioenskappe.
Gedurende 1 & 2 April het 32 leerders aan die WP-Jeugskou Kampioenskappe in Clanwilliam op Augsburg deelgeneem en puik prestasie behaal. Baie geluk aan die 18 leerders wat die WP-span in hul verskeie klasse behaal het. Hul gaan Wes-Kaap by die SA-kampioenskappe gedurende Oktober in Lichtenburg verteenwoordig.