2025

Junior & Senior Valentynsbal

‘n Jaarlikse hoogtepunt op die Bulle se sosiale kalender is die Junior- & Seniorbal. Nooiens word van heinde en ver ingevoer, dasse geknoop en skoene blink gepoleer. Vanjaar was geen uitsondering nie. Op 12 Februarie het die junior Bulle hul bal bygewoon terwyl die Seniorbal op 14 Februarie plaasgevind het. Tydens die Seniorbal is Mej. Oakdale en haar prinsesse ook aangekondig. Die pragtige dames is as volg:

Mej. Oakdale: Isabella Albertyn (Hoërskool Bloemhof )

1ste Prinses: Phoebe Janse van Rensburg  (Hoërskool Outeniqua)

2de Prinses:  Nadia Roux (Hoërskool Outeniqua)

MATRIEKAFSKEID

So eindig die seisoen van skoolkind wees stadig maar seker vir ons matrieks. Die “Finale Fiesta” is ‘n visuele uitbeelding van die feesviering, emosies en onvergeetlike herinneringe aan die einde van hierdie era. Hierdie kleurontploffing het bygedra tot ‘n feestelike atmosfeer. Graag bedank ons Hansie Saayman en sy span van Eventco vir die dekor en Lizelle Gschwend en haar span van Ikigai vir spyseniering uit die boonste rakke. Baie dankie aan elke graad 11 ma en kelner vir julle hande en voete wat ligte werk van die aand gemaak het.

2024

Jnr en Snr. Bal

‘n Jaarlikse hoogtepunt op die Bulle se Sosiale-kalender is die Senior- en Juniorbal. Nooiens word van heinde en vêr ingevoer, dasse geknoop en skoene blink gepoleer. Vanjaar was geen uitsondering nie.

Op 6 Februarie het die Seniorbal plaasgevind waartydens ons ook Mej. Oakdale en haar prinsesse aangekondig het. Die pragtige dames was as volg:

Mej. Oakdale: Jana Moukarzel (Hoërskool Wittedrift, Plettenbergbaai)

1ste Prinses: Lianca Venter (Hoërskool Outeniqua)

2de Prinses: Mia van Santen (Hoërskool Outeniqua)

Matriekafskeid

Ons 2024 matrikulante het hulle uitnodigings na die jaarlikse matriekafskeid op ‘n besonderse wyse onder die sterre ontvang. Baie dankie aan al ons graad 11 ouers vir julle inisiatief en harde werk. Dit was ‘n groot bederf so voor die eksamen begin.

….en toe die groot aand. ‘n Aand om te onthou onder die sterre. Baie dankie aan elkeen se bydrae om te verseker dat die aand vir ons Bulle ‘n reuse sukses was.