Sosiale geleenthede staan vas op die Oakdale-kalender. Die skool bied aan leerders die geleentheid om sosiale vaardighede aan te leer en uit te leef.
VALENTYNSBAL
Jaarliks word die immergewilde Valentynsbal aangebied en word die meisies van heinde en ver aangery om die seuns te vergesel. Hier kan die Oakdalers hul “gentlemanship” aan die skoner geslag demonstreer.
Mej. Oakdale word ook tydens hierdie geleentheid verkies. Sy sal die skool tydens die interskolekragmeting in Augustus as sjampanjenooi verteenwoordig.