2025
Ons het vanjaar twee uitgooibulle laat slag en twee as teelbulle verkoop. Ons beplan om twee jeugskou-bulle na afloop van die Upington skou te slag, omrede die risiko om dalk bek-en-klouseer in te bring, te groot is. Die geld sal aangewend word om vroulike teelverse aan te koop. Ons kudde bestaan tans uit 18 koeie, 4 verse (7-12 maande), 5 verse (12-18 maande), 4 bulle, 9 bulletjies (7-12 maande) en 4 bulletjies (12-18 maande).

















