2025
In die afgelope jaar het ons skool se betrokkenheid by die Voortrekkers tot groot sukses gelei. Tans is daar dertien skoliere wat aktief aan die Voortrekkers deelneem. Hulle het die geleentheid gehad om aan verskeie opwindende kampe, soos die Gouritz Poortstap, die kommando- en gebiedskampe en die oopkap van die Langeberg wandelpaadjies, deel te neem. Vier van ons leerders het ook die Presidentsverkenner-eksamen suksesvol afgelê, naamlik Luan Serfontein, JJ Pfaff, JT Jackson en Daniël Keyser. Ons wil graag al die Voortrekker-leiers, -ouers en -ondersteuners bedank wat al hierdie geleenthede vir ons seuns bied.


