2025
Verskeie leerders uit elke graad op Oakdale het aan die Oakdale-Jongboere deelgeneem.
Die doel van die Jongboere is om leerders aan praktiese landbou-onderrig blootstelling te bied. Die leerders het 40 ooie ontvang wat hulle moes bestuur. Die ooie is gesinkroniseer en Laparoskopie is deur dr. Hendré van Zyl, veearts van Heidelberg, gedoen. Die ooie is voorberei en gelam deur ‘n lamhokstelsel wat die leerders self bestuur het.
Die seuns het met vleisbeeste gewerk en alledaagse take soos voermeng gedoen. Hulle het ook weidings aangeplant, die maak van bale en kuilvoer bestudeer en met groenteproduksie in die tuine gehelp. Daar is geleer om vrugtebome korrek te snoei, hoe skape geskeer word en die span van draad en onderhoud daarvan.
Leerders is elke dag betrokke en die Junior Landbouvereniging, onder leiding van Dirk Duits, het as die leiers van die klub opgetree. Graag word mnr. Paul Pienaar, bestuurder van die Buiteplaas bedank vir sy hulp en insette om die klub te stig en te onderhou.




























