2025

Die Ouer-Ondersteunersvereniging (OOV) het vanjaar reusewerk gedoen met kosverkope tydens al die sportgeleenthede wat vanjaar op die plaas plaasgevind het. Nuwe naamborde is vir die koffiestalletjie (Koffie Oakie) en die ondersteunersklere-verkooppunt (Klere Oakie) gemaak.

‘n Groot woord van dank en waardering aan mnr. Samie Odendaal en me. Estia Helmand, asook  hul toegewyde span ma’s en pa’s wat nooit gehuiwer het om by die kosverkope tydens sportdae betrokke te wees nie.