2025
Krieket bly ‘n gewilde somersport met drie o. 19-, asook vier o. 15-spanne wat weekliks kompeterend speel. Ons het tans twee o. 18- en drie o. 15-spanne wat in die Saterdag Super-liga speel. Die o. 19C-span en o.15D-span speel in die plaaslike weekliga in T20-formaat.
Die eerstespan neem aan die Wildeklawer pro-20-toernooi in Kimberley deel, asook Punt Krieketfees. Die o. 15-span neem aan Paarl Bois High Krieketfees, asook die Somerset College toernooi deel. Beide spanne onderneem ook ‘n kort toer na Worcester en Ceres.
Corné Kennedy en Harry Venter het provinsiale kleure verwerf en het aan die nasionale weke gedurende Desember 2024 deelgeneem.
Graag bedank ons die krieketakademie onder leiding van mnr. James Brown wat ons seuns persoonlike vaardighede leer. Sy bydrae sal gemis word . Dank en lof aan die afrigters wat lang ure in die son afrig en as skeidsregters optree.


