Oakdale beskik oor vyf krieketspanne wat deelneem aan verskeie ligas in die SWD. Die eerstespan het reeds die Pro20-liga, asook die Superliga in die SWD gewen. Oakdale het so pas met ‘n Krieketakademie begin wat bydra tot die vestiging van krieketvaardighede. Die binneshuise krieketfasiliteit sal daartoe bydra dat die akademie ook in wintermaande bedryf kan word.
